Groot storm? Nee, ʼn swerm liewenheersbesies!

Argieffoto (Foto: xanatos1000/Pixabay)

ʼn Groot kol wat op die Amerikaanse nasionale weerdiens se radarstelsel verskyn het was nie ʼn reënwolk nie, maar ʼn yslike groot swerm liewenheersbesies oor die suide van Kalifornië.

Meteoroloog Joe Dandrea het gesê die swerm was ongeveer 129 km breed toe dit Dinsdag oor San Diego gevlieg het. Dit is nie dadelik bekend watter tipe liewenheersbesie vir dié verskynsel verantwoordelik is nie.

The Times het berig een spesie paar en migreer van die Sierra Nevada na valleigebiede waar hulle plantluise vreet en eiers lê.

Lees ook: NPR

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nic ·

Nee, asseblief nie! Hierdie besies is meer oranje van kleur as die rooies wat ons hier kry. En hulle byt jou vreeslik seer! Seerder as ‘n rooimier!

Patch ·

@Nic….liewenheersbesies byt??? Al baie in my lewe hierdie besies hanteer en is nog NOOIT deur een gebyt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.