Groot teleurstelling ná sy jare lank vetplant versorg

Caelie Wilkes se vetplantjie (Foto: Caelie Wilkes/Facebook)

ʼn Vrou het op Facebook haar teleurstelling gedeel ná sy ongeveer twee jaar lank ʼn vetplant versorg het.

Caelie Wilkes van Kalifornië in die VSA sê sy was baie trots op dié plantjie. “Dit was die mooiste kleur met gesonde blare, ʼn perfekte plant. Ek het dit op my kombuis se vensterbank gehou,” vertel sy in haar plasing op Facebook.

“Ek het ʼn hele waterplan gehad. As iemand anders dit wou water gee, was ek sommer vies, want ek wou dit goed versorg. Ek was dol oor my vetplant.”

Op ʼn dag het sy egter besluit om dit te verplant. “Ek het die oulikste houer gekry wat perfek sou werk. Toe ek dit egter uit die oorspronklike plastiekhouer haal waarin ek dit gekoop het, het ek besef dis net ʼn plastiekplant! Ek het soveel liefde in hierdie plantjie ingestort. Ek het die blare gewas. Ek het my bes probeer om seker te maak hy lyk altyd op sy beste, en nou is dit alles plastiek! Hoe het ek dit nie geweet nie?!”

Toe Caelie die plantjie uit die houer haal, het sy gesien die plant is op polistireenskuim vasgemaak met sand wat bo-op vasgegom is.

“Dit voel of die afgelope twee jaar ʼn leuen is.”

Sy het agterna lekker gelag vir haarself en gesê sy is bly dat haar teleurstelling ander gebruikers kon laat lag. Sy beplan om die plantjie te hou.

Story time. I’ve had this beautiful succulent for about 2 years now. I was so proud of this plant. It was full,…

Posted by Caelie Wilkes on Friday, February 28, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Antjiepat ·

As die dame in SA gebly het, sou ek met liefde vir haar woestynrosies geskenk het..

Leon ·

Deksels, daardie vervaardiger is goed. Nee hy is uitstekend. Gee hom ‘n Bells.

johan ·

Wat ‘n skok. My vrou het hordes van die vetplantjie darem lewendig.

petro ·

Dit is eintlik so hartseer! een geluk is dat hierdie plantjie nooit sal doodgaan nie. Vervaardigers van die plant is uitstekend!!

charmaine ·

Regtig dit vat haar 2 jaar…gewater en gegrond? Shame ja nee!

Namgrl ·

Oh my soul. Ek kan my net indink hoe sy moes gevoel het. Die teleurstelling..

Shady ·

Nee hel, hoe kom jy nie agter dat die plant vir 2 jaar nie groei nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.