Happy Meal-speelding nou ʼn boek by dié McDonald’s-takke

Die spesiale Roahld Dahl Happy Meal (Foto: McDonalds New Zealand)

McDonald’s-restaurante in Nieu-Seeland gaan oor die volgende ses weke Roald Dahl-boeke weggee saam met elke kinderete, of “Happy Meal”, soos dit bekend staan.

Die boeke beplan om ongeveer 800 000 boeke deur die bekende outeur weg te gee, in plaas van die speelgoed wat gewoonlik saam met ʼn hamburger en koeldrank weggegee word.

Dit sluit Roald Dahl se bekende werke soos Fantabulous BFG, Amazing Matilda en Wonderful Mr Willy Wonka in, berig The Independent.

“Talle ouers onthou die Roald Dahl-karakters toe hulle grootgeword het, en dit is nou die ideale geleentheid om hulle aan ʼn nuwe geslag bekend te stel,” het Jo Mitchell, direkteur van bemarking by McDonald’s in Nieu-Seeland, aan die mediahuis gesê.

Elke boek sal ʼn uittreksel uit die oorspronklike boek bevat met illustrasies deur Quentin Blake en ʼn groep plakkers en ander prettige aktiwiteite.

Die projek vorm deel van McDonald’s se wêreldwye leesprogram om kinders aan te moedig om meer te lees.

Die Roald Dahl-boeke wat saam met Happy Meals by McDonald’s in Nieu-Seeland weggegee word

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

DewaldS ·

Ek sit nou hier en wonder hoe lank voor die SJW’s iets in daai boeke kry wat nou weer uit verband geruk gaan word??

Gmors ·

As jy jou kinders wil bederf met McD’s great, ek bedoel, as jy Mcd’s kies, maak n speelding nie saak nie, so die boek is pointless. Ek bederf myne met gesonde kosse, eendag sal hul dankie se as hul maatjies, sommiges wat reeds oorgewig is, diabetes ontwikkel en so bly. Goed gaan!

Rerig?? ·

Ag asseblief tog, so as ek my kinders bietjie bedef by Mike’s Kitchen of Mcdonald dan gee ek nou nie om vir my kinders se opvoeding nie….. Rerig??

John ·

@Gmors, ag weet jy. Vyftig randjies vir jou oor jy nou weer die oulike berig in `n ou lessie oor gemorskos kon omskakel, en nogal so `n oulike ou skuilnaampie ook kon uitdink!

“Gemorskos” gaan met ons wees of jy dit nou vir jou telge gee of nie, en persoonlik dink ek dis fantasties as dit saam met `n boek gaan in stede van `n stuk plastiek gemors wat binne dae in die vullis gaan beland en van daar af in die see of `n “landfill”.

Bere tog die suurlemoensap en glimlag vir die lewe vir `n slag.

Wiki ·

Love die idee. Roald Dahl se boeke baie oulik! Ek sal ‘n happy meal gaan koop vir ‘n boek. Lekker om tydens die kunstefeeste te gebuik as voordrag stuk en die gehoor en beoordeellaars geniet sy humor. en Gmors…. regtig? My kinders word een maal per week “getreat” met gemorskos en hulle love dit!!!!!!!!!!! en hulle is nie vet of oorgewig of diabetis nie want hulle sit nie voor die TV en rekenaar nie. Hulle is aktief….. gin jou kinders so nou en dan ‘n pleseirtjie want anders as hulle groot is gaan hulle probeer inhaal en dan gaan hulle obese raak!

Judge Dredd ·

Nogal jammer dat restaurante afhanklik is van presente weg gee om geld te maak, eerder as die kwaliteit van hul kos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.