Te midde van ʼn Russiese aanval op Oekraïne, maak ʼn video opslae op sosiale media waar ʼn meisie vir vlugtelinge in ʼn bomskuiling viool speel.
Die Oekraïense ministerie van buitelandse sake het Maandag dié video op sy Twitter-blad gedeel. Die meisie speel ʼn Oekraïense liedjie deur Mykola Lysenko, “Nich yaka misiachna” (Wat ʼn maanlignag), lui die beskrywing.
Die meisie se naam is nie bekendgemaak nie, maar sy troos met haar musiek die vlugtelinge. Kykers word geraak deur die hartroerende video te midde van baie moeilike omstandighede.
“Wanneer die oorlog verby is, sal hierdie video, en soortgelyke ander beeldmateriaal, vir altyd die teken wees van jou dapperheid, heldhaftigheid en ʼn uitsonderlike oorwinning teen die donkerte,” het die gebruiker Jesper Ravn geskryf.
“Byt vas jongeling; mag God jou seën,” skryf Shatelle Shaw.
“Die musiek is die kruispad van die lewe waar ons bymekaargekom het. Dit is ons hart se lied van vrede en liefde. Dit is ʼn boodskap uit die baarmoeder van die ewigheid,” het Irmina Sintaika bygevoeg.
In the bomb shelter, a girl plays a Ukrainian song composed by Mykola Lysenko “Nich yaka misiachna / What a moonlit night” pic.twitter.com/mLGTpORtPo
— MFA of Ukraine ???????? (@MFA_Ukraine) March 7, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Kom ons vertrou dat die Weste hierdie keer die regte ding sal doen – die dae is verby dat ‘n onafhanklike moondheid ingeval word bloot omdat jy voel hulle deel van jou moet wees – ongeag wat die gekiedenis was – dit mag nie toegelaat word. Elke sterfte sal Putin voor verantwoordelik gehou moet word.
MFA van Oekraïene… Snik! Die rolprent vorder. Lokettreffer der eeue… ‘n selfgeskepte tragedie.
Hoop van harte Pieter9 is seker van sy feite.