Hartverskeurende brief oor hond langs pad

Banjo. Foto: Facebook

Banjo. Foto: Facebook

ʼn Dierewelsynsorganisasie se brief oor ʼn hond wat langs die pad afgelaai en vir dood agtergelaat is, gryp harte aan.

“Hy het vir jou gewag. Hy het nie die plek verlaat waar jy vir hom gesê het om te bly nie. Hy was besig om ʼn goeie hond te wees. Hy het naby gebly aan die plek waar hy die laaste keer sy gunstelingpersoon in die wêreld gesien het,” lui die brief wat al duisende kere op Facebook gedeel is.

Volgens Kings SPCA-Rescue in Lemoore, Florida, het hulle talle e-posse ontvang oor ʼn hond wat dae lank langs ʼn pad gesit het. Kings SPCA-Rescue het ʼn video en hartroerende brief, wat deur een van die organisasie se werkers geskryf is, op Facebook gedeel.

“Hy het gedink jy kom terug. Hy het elke motor wat verbygery het, dopgehou en gehoop dit is jy wat terugkom vir hom. Jou hond was dae lank in die koue, honger en bang aangesien jy ʼn hartelose stuk k*k is. Hy het vir jou gewag. Hy was so honger dat hy stokke begin eet het.

“Hy is nie ʼn slegte hond nie. Hy is ʼn baie goeie hond. Jy was ʼn slegte vriend. Jy het iemand prysgegee wat sy lewe vir jou sou gee. Iemand wat nie omgee hoe lank jy by die werk was nie. Iemand wat net so gelukkig is om jou te sien, maak nie saak of jy net buitentoe gaan om te kyk of daar pos is of vir ʼn paar dae weggaan nie. Iemand wat die trane van jou wange sal aflek en die oorskietkos in jou bord eet wanneer jy klaar is.

“Hy gaan nie meer vir jou wag nie. Ons het ure lank daar saam met hom gesit. Ons het met hom gepraat. Ons het daar gesit en vir hom gesing. Ons het vir hom kos en ʼn kombers gegee. Jou hond het uit ons hand geëet nadat ons ure lank vir hom kos moes gooi. Jou hond het uiteindelik nader aan ons gekom terwyl ons in die koue modder gelê en vir hom gesê het ‘alles gaan oukei wees en dit is die laaste keer dat iemand jou sal seermaak’.

“Hy was eers paniekerig toe ons moes ry. Hy wou vir jou wag. Hy het geweier om na die voertuig te loop. Ek het jou groot hond na ons voertuig gedra; jou groot, sagmoedige, bang en lojale hond. Ek het jou hond weggedra van die plek waar hy jou die laaste keer gesien het. Hy het heelpad na die skuiling getjank. Hy het die mees hartverskeurende tjank gehad wat ek nog ooit gehoor het.

“Jy verdien nie die ongelooflike hond nie. Jy verdien geen hond nie. My hond sal vergeet van jou. Hy sal ʼn goeie huis vind en die liefde kry wat hy verdien. Hy sal weet hoe dit voel om ʼn regte huis te hê. Ek gee nie om wie jy is of jou verskoning oor hoekom jy jou hond agtergelaat het nie. Jy is skuim. Ek bid dat jou jaar gevul sal wees met karma en slegte gesondheid. Groete, Brooke.”

Die organisasie het die hond intussen tot Banjo herdoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

EMK ·

Arme weerlose dier, hoevele soortgelyke stories is daar in SA die afgelope feesseisoen wonder ek… Ek stem saam met haar laaste paar sinne – gelukkig nie hier gesê want dan is dit weer uitgevee maar dis waarlik wat mens diesulkes toewens wat so aan diere doen.

Gert ·

Ek kan nie verstaan dat enige mens met verstand so-iets kan doen nie. Al wat ‘n hondekind vra is kos, water, ‘n veilige omgewing en TONNE LIEFDE. Jy wat hierdie onvergeeflike daad gedoen het behandel seker jou familie ook so!!!! Ongedierte!!

Connie ·

Ek moes my 17jarige woefie laat uitsit het 9de December. Ek sit en huil en dink hoe kan iemand jou kind… jou skaduwee so wreed behandel en wens ek kon myne net nog 1 drukkie gee en 1 snoet soentjie

Fransina ·

Dankie vir hierdie skrywe. My hart raak sommer weer hart roerend want hier waar ek woon, Hermanstad, regoor die voorheen Hercules swembed, is hier ook n wit hond en klein bruin hondjie, wat hier afgelaai is April 2015 , wat tot vandag toe nog in die veld woon. Hulle was 4 honde, 2 van hulle is weg. Die 2 kyk almal hulpvaardig aan en wanneer iemand na hulle gaan, hardloop na anderkant van die veld. Hulle gaan nerens nie, bly in hierdie area.

Wat my die hartseerste gemaak het is gedurende die nag van 30 Desember 2015 het iemand anders weer 4 swart honde ook in die oop stuk veld kop aflaai en weggery. Die nag hoor jy honde blaf in straat, gedink dit is rondloper honde. Heeldag op oujaarsdag het hulle hier rond gehardloop en blaf blaf gespeel, tot dit skemer aand word. Hulle het tot op die rand van die pad gele, kort kort kyk ons of hulle nog daar is dan sien jyja daat le hulle. Honger en dors wag hulle vir hul mense maar niemand nie. Donker kom hulle le steeds daar, naby aan pad oorkant ons woonplek.

Teen 21:50 die nag kom n 10 ton trokkie en parkeer oorkant. Laerskool dogter gaan nader en sak op haar hurke om die honde na die trokkie te lei, hulle hardloop na sokker veld in binnekant. Die groot hond, kom gly gly op haar maag na die 2de dogter wat hulle nader roep en laat toe dat sy opgetel en in trok gelaai word. Die 3 kleinerige honde, staan regop en kyk waarheen gaan hulle met die groterige hond, maar wil nie ook nader gaan. Die trokkie start enparkeer reg voor my erfie. Die volgende oomblikkom die een kleintjie uitgehardloop tot onder trokkie en seil ook op haar magie na die jongste dogter wat diehondjie op tel en ook in trokkie laai. Die twee sussies gaan na die ander twee kkeines wat nog oorkant is, roep hulle nader. Na seker 4 minute steek die hondjies hulle koppies deur en die sussies kon elkeen die twee hondjies uittrek en hulle ook in trokkie laai.

Ek was so bly met aanskoue daarvan. En net die besef iemand het hulle gered. Ek wens ek kon foto’s geneem en dit hierby aangeheg het. Ek wil net aan die ma en haar twee dogters baie dankie se dat hulle die honde kom red het.

Ek wil ook net vra of iemand nie asb die twee honde wat nog hier is, sal kom red en hulle ook n tuiste sal kan gee.. Hulle gaan nie verder as hier blok nie en ek wens dat die munisipaliteit hierdie oop stuk veld kan kom skoonmaak en omskep in rusoord.

Groete

EMK ·

Ai Fransina… ek huil sommer. Bel iemand soos SPCA, Wetnose foundation of wie ookal om die honde te kom haal. Miskien moet jul as gemeenskap saamstaan en as julle sien iemand stop neem hulle af of skryf nommerplate neer laat dit op fb en oral kom wat se soort “mense” hulle is. Ek weet mens kan nie altyd daaar wees want sulke lamsakke werk mos in die donker want so is hulle!

Justa ·

Fransina, bel Wollies in Pretoria- Noord of Barking Mad in Midrand. Hulle is albei “no-kill shelters” Ongelukkig gaan die SPCA hulle net uitsit. Hoop jy kom reg en die twee honde kry n liefdevolle tuiste.

Shaun ·

Mag iemand jou ook eendag so weggooi. En mag jy wag en dai persoon nie terugkom nie. Dat jy ook sal voel hoe dit is om met n honger maag elke aand te gaan slaap.

Retha ·

Mag Banjo net liefde in sy nuwe huis beleef. Dankie vir mense wat omgee en hom gaan haal het. God bless.

Realis ·

Hartroerend. Dit laat my onwillekeurig dink aan ‘n brief wat deur ‘n plakkerskamp bewoner aan sy president geskryf behoort te word.
“Ek was goed genoeg om vir jou te stem. Ek het jou party ideolgie omhels want jy het my die hemel en aarde beloof. Jy het werkskepping gepropageer. Jy het huise, lopende water en voorspoed belowe. Ek het voorwaar in my gedagte die nuwe Jerusalem sien neerdaal.
Ek het vir jou gewag om hierdie dinge vir my te voorsien. Ek het gewag dat jy vir my werk sou gee. Ek het gewag dat jy vir my ‘n huis sou gee. Dit was koud en ek het nie ‘n kombers gehad nie. Ek was honger en het nie kos gehad nie want ons plakkers kamp het afgebrand en alles wat ek gehad het is verwoes. Ek het gevra: hoe lank nog die nag voordat die dag aanbreek? Ek het tevergeefs gewag maar jy het nie gekom nie. Binnekort moet ons weer stembus toe gaan. Toemaar, ek sal weer vir jou stem. Hopelik sal jy hierdie keer jou beloftes gestand doen. Hulle se mos die hoop beskaam nie.

Johan ·

Die mense wat hulle oor die hond ontferm het…ek haal my hoed af vir julle, dankie vir dit…!!!!!!
En jy of julle wat die dier daar gelos het, skande man

Community member ·

Het n rukkie terug hulp gaan verleen by n ongeluks toneel, bestuurder het by n baie skerp blinde draai uitgeswaai vir n hond in die pad. Die bestuurder het in die gat van n groot watertoevoer pyp ingery, en sy bakkie het gat oor kop gerol, en bestuurder is uit tie motor geslinger, en het opge-eindig met ernstige besering. Volgens n oog getuie wat by die draai woon, het die een of ander siek idioot die hond 5 min voor die ongeluk daar afgelaai en doodeenvoudig net gery, in die hoop dat n kar die hond doodry. Die hond het na n rukkie terug gekom, en het verboureerd heen en weer oor die pad bly hardloop. Ons kon egter nie die hond gevang kry nie, en hy het verdwyn in die veld. Ek kan regtig nie glo dat daar sulke siek mense daarbuite bly nie. As jy nie jou dier kan hou nie, is ek 100% seker dat daar better opsies as dit is, ek wens diegene wat hul skuldig maak aan so iets brand in die hel, en het definitief geen logika of comon sense nie.

Theresa B ·

Wonderlik Brooke. Fantasties. Mag jy en almal soos jy net Geseën word vir die goeie werk wat julle doen. Ek is SO bly daar is mense soos julle!! Gee vir Banjo ‘n vryfie en stywe drukkie.
My wense ook vir SA se mense wat hul so ontferm oor weerlose diere. En al wat hulle tog net vra is liefde, aandag en kos. Hulle sal hulle lewe vir jou as eienaar gee – hoekom het jy ‘n dier as jy dit nie ook kan doen vir jou vier-voetige vriend nie??!!

Elanie ·

‘n Hond is die enigste dier op aarde wat iemand (sy eienaar) MEER lief het as homself.

Nina ·

My seunskind lê hier op sy kussing en slaap. Ek kan my nie indink dat ek OOIT iets so wreed aan hom (of enige ander hond!) sal kan doen nie! Hierdie hondekind van my huil soos ‘n kind, al was mens letterlik net 10 minute weg. Hy gaan te kere asof hy vir weke alleen gelos is! Geen ‘mens’ doen sulke walgdinge aan ‘n dier nie. My hart sal breek as ek my seun moet verloor, wat nog te sê wegsmyt soos gister se ‘trash’.

Ek wens hierdie gemors als wat sleg en lelik is, toe! Jy verdien GEEN genade of geluk in die lewe nie! Jou bar verskoning vir ‘n mens!

neelsie ·

Met n traan dat ek die verhaal lees.
Voor kersfees het n gevoellose barbaar my Duitse herdershond, my beste vriend ,vergiftig met “two step”.
Alhoewel ons ander honde het ,was sy vir my spesiaal.
Sy het ons opgepas en met haar lewe geboet.
Die hartseer oor my maatjie nog lank nie verby nie.
Waarom?

anne ·

Kan nie eers begin om te dink dat ‘n mens so harteloos kan wees nie. My diere is soos my kinders.

Charlene ·

Brook, dis so mooi brief wat jy vir die skuim geskryf het. So waar! Dis baie hartseer Dat mense so hartloos gemors kan wees. Geen dier verdien dit nie. Ek hoop Brooke kry some baie gou `n nuwe huis waar sy ware liefde sal kry wat sy verdien

anne ·

Eh hoop regtig so Carolina, as ek naby was het ek hom dadelik gevat.

GES ·

Gandhi het gesê dat ‘n volk se beskawingspeil en morele vooruitgang gemeet kan word aan hoe die volk met sy diere werk (vry vertaal). Dit is uiters onstellend hoe sommige mense met hulle diere en selfs hulle familielede werk. Die sulkes is nie eers waardig om menslike afval genoem te word nie. Dan wonder ons hoekom dit so in die land aangaan. Probeer die Here nie iets vir ons sê nie maar ons is te besig om iets te hoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.