Held red kind toe loopring wegrol

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn man wat van sy motorfiets afgespring het om ʼn baba te red wat teen ʼn steil pad in ʼn loopring afgerol het, maak opslae op sosiale media.

Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe die motorfietsryer vinnig optree. Die man het vinnig reageer toe hy sien die kind is besig om weg te rol. Sonder om tyd te mors, hou hy in die middel van die pad stil, spring van sy motorfiets af en hardloop agter die kind aan voor die kind kon seerkry. ʼn Vrou, vermoedelik die kind se ma of ʼn versorger, verskyn dan op die toneel.

Volgens La Chiva het die voorval op 14 September in Rincon de la Estrella in Florencia, Colombia plaasgevind. Die video is verlede week op sosiale media gedeel en het daarna opslae gemaak toe kykers die man se heldhaftigheid geloof het.

Die video is reeds meer as 1,7 miljoen keer op Twitter gekyk. Dit is ook op Instagram en Facebook gedeel.

“Wat ʼn wonderlike mens. Hy het net sy fiets en rugsak weggegooi. In daardie oomblik was dit vir daardie man die belangrikste om die kind te red,” het een kyker gesê.

“Sprakeloos. Baie dankie aan ʼn dapper man,” het ʼn ander gesê.

Die webwerf La Prensa het berig die kind is nie beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VannieBaai ·

Siestog daai arme moeder se hart! Daai man was op die regte tyd op die regte plek!

Belinda ·

Ongelooflik die jong man. Regte tyd, regte plek, op en wakker en dadelik reageer!!!!

Piet ·

Bravo biker man! Ek sal glad nie kan help nie – ek sal so hard lag my bril sal af val

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.