Help! Die hond het my geld geëet…

Ozzie en sy vonds (Foto: Murphy & Co Veterinary Practice/Facebook)

Talle skoliere het al met ʼn verskoning van “die hond het my huiswerk geëet” probeer wegkom, maar dié brak het ʼn duurder dieet.

Ozzie, het £160 (meer as R3 000) kontant van sy eienaar verorber en sy eienaar moes toe boonop ʼn bykomende £130 (byna R1 500) opdok vir die veearts om die agt £20-note terug te kry deur die hond. Ozzie is ʼn negejarige labrador-poedel-kruising (ʼn “labradoodle”) het ʼn koevert verslind wat deur sy eienaars, Neil en Judith Wright, se huis in Llandudno, in die noorde van Wallis in die Verenigde Koninkryk, se briewebus gedruk is.

Die egpaar het Ozzie na ʼn veearts geneem wat die geld kon terugkry deur medikasie wat hom laat vomeer het.

“Iemand het vir ons geld geskuld en dit deur die briefopening gedruk en dis hoe Ozzie dit in die hande gekry het,” het Judith verduidelik.

ʼn Woordvoerder vir Murphy & Co-veearts in Llandudno, waarheen Ozzie geneem is, het gesê die praktyk moet gereeld bystand lewer wanneer honde iets geëet het wat hulle nie moes nie, insluitend toiletware en sokkies. Dit is egter die eerste keer wat ʼn hond kontant verorber het. Ozzie het ook ʼn plastiek geldsakkie en ʼn ronde geldknip opgebring.

Neil het gesê hulle sal dalk van die geld kan terugkry as hulle dit by die Bank of England indien. Hulle beplan nou om ʼn hokkie om hul briewebus te bou sodat Ozzie nie nog pospakkies kan bykom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

se net ·

Wel my kind se huiwerk was nie opgeeet nie, maar wel n toets wat deur ma geteken moes word. Vir my was dit n groot grap en ek het vir die Juffrou geskryf dat sy maar die kind moet straf want wat het die toetsblaai op die grond gedoen? My kind was baie kwaad gewees. Dit was my worshond, reun wat dit gedoen het. En die worshond was ma se koning,

Nettie ·

Ek is seker dit is nie die eerste en laaste keer wat so iets gebeur nie.

Ek was ook al die “slagoffer” van ‘n brak wat alles wat in sig of reuk gekom het, opgevreet het. Maar my skade was maar net R150.00 (sowat £8 in vandag se terme).

Felix ·

Brooklax ou maat, brooklax, dit werk binne minute. So bietjie nasorg, dan kan jy die geld maar gebruik.

Siener van Melbourne ·

Wel as ek vir Ozzie kan leen om die spoedboetes, blasting aanslag en kragrekening op te vreet is hy sy geld werd. En dan kan hy sommer al die Multichoice simkaarte ook opvreet. Siedaar.

Julie Jansen van Rensburg ·

Toe my driestuks baie jare terug ook skool bygewoon het, het ons nie ‘n hond gehad nie, maar wél ‘n kat – maar nie een van die drie het ooi met hierdie verskoning vorendag gekom dat die kat sy/haar huiswerk opgevreet het nie – KAT se kind het meer daarin belang gestel om iewers op ‘n lekker warm plekkie te lê en slaap – gunsteling-slaapplek? Bo-op die TV!!! Dit was nog in die ou dae so skuins nadat ons vir die eerste keer die “boks” kon ervaar, en om een of ander rede het die kassie altyd bo-op effe warm gevoel – o – wag – nou onthou ek – bedags het die son lekker in daardie hoekie geskyn en saans het die “kassie” sy eie hitte tydens uitsendings verskaf… sela!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.