Help kies SA se sewe natuurwonders!

Amfiteater, Royal Natal National Park. Foto: Wikus Beetge

Hierdie kompetisie is gesluit: Nadat Tafelberg onlangs in ʼn internasionale peiling as een van die wêreld se sewe natuurwonders aangewys is, is Suid-Afrikaners dit eens dat Suid-Afrika oor talle ander natuurwonders beskik wat ook erkenning verdien.

Dis nou jou kans om ons op ʼn informele manier te help om Suid-Afrika se sewe natuurwonders te kies!

Lewer hieronder kommentaar deur te sê watter gebied of natuurverskynsel jy as een van Suid-Afrika se sewe natuurwonders sou kies, en, as jy wil, motiveer jou nominasie in maksimum 5 sinne of stuur vir ons ‘n foto.

Ons sal binnekort ʼn lys met die nominasies op Maroela en op ons Facebook-blad publiseer, en jou weer die geleentheid bied om vir jou gunstelinge te kom stem. Daarna sal ons Maroela se sewe Suid-Afrikaanse wenners aanwys!

 

Stormsriviermond, Tsitsikamma Nasionale Park. Foto: Wikus Beetge

Jy kan ook wen!

Die persoon wat heel eerste die natuurwonder nomineer wat uiteindelik deur Maroela as Suid-Afrika se top-natuurwonder aangewys word,  sal ‘n heerlike geskenkpak van Maroela Media ontvang!

Lees die storie oor Tafelberg wat as een van die wêreld se sewe natuurwonders gekies is hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elsrebel ·

Meiringspoort in die Klein Karoo net duskant De Rust moet verseker as een van SA se sewe natuurwonders gelys word.

Nerens anders het ek nog so tussen die klowe van die berge deur gery waar dit voel asof jy binne in die hart van natuurwees ingaan nie. Jy word omring deur asemrowende geur, kleure en klanke en moet verkieslik die passasier en nie die bestuurder wees nie, sodat jy die volle omvang van die natuurskoon en mooiheid kan in asem.

Dit voel kompleet asof jy as stadsjapie die poort ingaan en as ‘n “local” aan die ander kant uit ry.

nelia ·

God’s Window is definitief iets om oor opgewonde te raak! Ek stem ook saam oor Golden gate, dit is asemrowend mooi.

En dan natuurlik die Augrabies en visrivier Canyon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.