Help selfbestuur-motors om die regte besluit te maak

Grafika: Moral Machine

Selfbestuur-motors kan dalk binnekort in groot maat vervaardig word en talle persone wonder hoe ʼn masjien moontlik moeilike morele besluite kan maak in ʼn gevaarlike situasie.

Selfbestuur-motors sal byvoorbeeld tydens ʼn onvermydelike botsing moet besluit in watter rigting om die motor te stuur, wanneer om vinniger te ry of wat getref kan word.

Dit is ʼn morele besluit wanneer veral mense of diere se lewens op die spel is.

ʼn Nuwe program, The Moral Machine, versamel tans data oor mense se besluite tydens ʼn moeilike morele situasie – en jy kan ook help!

Jy sal in dié scenario’s moet kies watter besluit jy sou maak. In talle van die situasies is daar nie enige ander keuse buiten ʼn slegte gevolg nie, en die motor sal geprogrammeer moet word om die “regte” besluit te maak.

Ná die kort toets sal jy ʼn uitslag ontvang van dit wat vir jou die meeste weeg. Jy kan kies tussen mense en diere, tussen ou mense en jong mense, tussen fikse mense en ongesonde mense, ens.

Speel die speletjie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Die ding gaan nie by ons werk nie tensy die hele program herprogrammeer word ten einde ten alle koste rassistiese insuniasies te vermy.

Kannaland ·

Mense altyd voorsprong bo diere, altyd, daarom moet jy nie vir n dier uitswaai of skielik stop voor jy heeltemal seker is dat dit heeltemal veilig is om so te doen nie.

JAMES ·

Hierdie is ‘n groot probleem: “Jy kan kies tussen mense en diere, tussen ou mense en jong mense, tussen fikse mense en ongesonde mense”

Wat stel jou eerstens in staat om te kan kies? Die antwoord is dat daar ‘n databasis moet wees van wie langs jou ry. Die databasis sal onder andere die volgende bevat: Die ouderdom, fiksheid, geslag, moonlik die ras? en ook soos in die berig beweer word, selfs die fiksheidsvlak van die betrokke persoon!

Ek kan nie sien dat die bogenoemde info vir ‘n motor gegee kan word bloot dmv selfoon tegnologie nie. Ek is oortuig dat biometriese implantaat skyfies gebruik gaan word vir die doel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.