Herrie oor dooie visse in ysskaatsbaan

Foto's van die ysskaatsbaan.

Foto’s van die ysskaatsbaan.

ʼn Pretpark in Japan is gedwing om sy ysskaatsbaan te sluit nadat ʼn herrie losgebars het oor die dooie visse wat in die ys bevries is.

Space World in Kitakyushu City het aanvanklik die ysskaatsbaan as “ongekend” en ʼn wêreldnuutjie beskryf, maar het vinnig van deuntjie verander nadat dit ʼn stortvloed kritiek ontlok het.

Die ysskaatsbaan het op 12 November geopen met meer as 5 000 dooie seediere wat in die yslaag bevries is. Volgens die pretpark wou hulle vir mense die gevoel gee dat hulle “op die see skaats”. Die ongewone ysskaatsbaan is egter as “wreed”, “walglik” en “minagtend van lewe” beskryf.

Die ysskaatsbaan is Sondag gesluit ná al die kritiek en die pretpark het om verskoning gevra. Volgens die pretpark is die dooie visse op ʼn mark gekoop en is daar ʼn vals gerug op die internet versprei dat die visse lewend bevries is.

Daar word intussen beplan om die dooie visse uit die ys te verwyder. Die pretpark het gesê hulle sal ʼn roudiens hou nadat die visse verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Patrys ·

Ag asseblief tog! ‘n Roudiens vir die dooie visse? Get a life!

Elize ·

‘n Roudiens vir visse, maar wat van die honde wat hulle so wreed doodmaak en eet.

Regtig ·

Ja shame man. Wat van al die hoender wat jy eet? Ek is seker iewers in die wereld is hulle ook troeteldiere. Mense is te fein gevoelig op die web en glo alles wat hulle lees. EK was al self in china en kan se 99% van die goed wat julle lees is verkeerd.

Anoniem ·

Die honde word in China geslag. Ek stem saam dit moet groter mediadekking geniet.

Ronel ·

HAHAHAAH!!!!! Serious? Roudiens vir die visse. ASb tog. Daai tipe optrede, plus geen ontsag vir dierelewe is al sinoniem met Japan. Die roudiens behels seker stokkies en wagtende monde…

Annalet van der Merwe ·

siek van die mense om te dink dit is aanvaarbaar

Rou ·

Vanaand stop ek somer by die PicknPay en gaan rou voor die gevriesde bees vleis, Dis immers heilig in India ook. Dis dooie visse…… regtig mense.

griet ·

Rou, dis nie dieselfde ding nie. As die visse geeet was, sou dit niemand gepla het nie. Gaan jy nou lekker ysskaats bo-oor stukke gevriesde vleis/diere en dink dis OK? Nee, jy sal nie! Dit is walglik en dit is nie OK nie!!!

Oom Walker ·

In Japan beteken om ‘n roudiens vir visse te hou dalk dat hulle sushi gaan maak?

M'Lady ·

Japan is nou nie juis bekend vir hulle dierewelsyn nie. Die walvisse word op n ongekende skaal doodgemaak al is dit verbied en wat van die dolfyne wat so geslag word in Taiji? Die wereld is siek.

Realiteit ·

Asb. Die doel van hierdie artikel is om te wys wie gaan die verkramte persone wees wat skielik simpatie het met die dooie gevriesde visse! I&J oogklappe!! Smul aan jou beef Spurburger né!

poot ·

Is die roudiens nie dalk tong in die kies en sarkasties bedoel nie.
Wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.