Herrie oor ‘ontydige’ huweliksaanbod

Die groot oomblik

Die groot oomblik

ʼn Foto van ʼn huweliksaanbod veroorsaak ʼn herrie op sosiale media omdat dit tydens ʼn ander paartjie se troue gebeur het.

Die foto wys hoe ʼn bruid en bruidegom toekyk terwyl die man op sy een knie sy meisie vra om met hom te trou. Duisende gebruikers van die sosialemediaplatform, Reddit, het hul misnoeë uitgespreek en bevraagteken hoe enigiemand ʼn bruid se dag só kon bederf en die “soeklig” kon steel.

Megan, die nuwe verloofde, het egter aan New York Daily News gesê sy is die bruid se suster en haar verloofde is die bruidegom se strooijonker. Die bruid het glo gehelp om die huweliksaanbod te koördineer en haar toestemming gegee dat dit tydens die onthaal mag gebeur.

Megan het glo reeds haar sussie gevra om haar strooimeisie te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nina ·

Sekerlik sou dit nie sonder toestemming van die bruidspaar gedoen geword het nie. Mense kla wragtig net omdat hulle kan! Wat de hel het dit in elk geval met ander te doen? *sug*

Asjas ·

Die os nou al baie ou nuus en ja almal het geweet van die huweliksaanbod wat kom behalwe die dame wat gevra is. Die bruid het vooraf haar goedkeuring gegee en genoem dat dit haar spesiale dag perfek sal maak ens. Die storie loop al vir weke op ander nuus webblaaie …

Eliza-beth ·

Nina – dis hoekom ek sê dis nie sosiale media nie maar sosiale euwel – meeste mense misbruik dit vir twak!

Eliza-beth ·

Nina – dis hoekom ek sê dis nie sosiale media nie maar sosiale euwel – meeste mense misbruik dit vir twak!

Asjas ·

Susan, feit bly staan, ou nuus op Maroela Media. Die betrokke partye het al reageer op die oorspronklike berig dan plaas julle dit eers. As dit nie vars is nie moet julle dalk liewer weg bly van dit af of dalk die hele storie plaas. En hierdie was nie die eerste keer wat julle dit doen nie. Maroela plaas iets wat ‘n “opskudding” maak wanneer meeste mense al aanbeweeg het na die volgende groot storie of vergeet het. Ek lees IOL, New24, Daily Mail UK en US – ek was al moeg vir die storie toe julle dit vir die eerste keer plaas en die verwyte begin reg van vooraf omdat julle nie die feite wat intussen aan die lug gekom het ook plaas nie. En hoekom nie konsentreer op meer plaaslike inhoud nie? Ek wil weet wat in my land aangaan nie wat ‘n klomp Amerikaners nou weer aangevang het nie, maar as Maroela nie die plek is dan sal ek ook maar soos vele ander ophou om hierdie webblad te besoek.

Anita Koch ·

Asjas, hou asb. op met kla oor niks. Hierdie is die eerste keer dat ek van die gebeurtenis lees. Nie almal van ons sit heeldag op internet nie.

Berhalet Beukes ·

Nou wat het ‘n persoonlike aangeleentheid met Reddit uit te waai?

Retha ·

Hoekom moet mense altyd iets uit verband ruk as hulle nie die regte inligting het nie. Dis ‘n kramp in die dinges verkrampte wat sy neus nie uit ander se sake kan hou nie wat vrot eiers lê waar dit nie hoort nie. May karma hit them twice as hard.

Zhara ·

Kyk in die agtergrond die bruid en bruidegom is gelukkig daar oor , dis mos die “familie” se eie besluit elke mens kan mos dinge doe soos hy wil.

M ·

Ek en my man het ook verloof geraak op my suster se troue, ek was die strooimeisie en my man die strooijonker. My suster en man het hul goedkeuring gegee, en baie mense het amper van hul stoele afgeval van verbasing. Dit was vir minute ‘n issue en daarna was alle oë weer op die bruidspaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.