Herrie oor ‘ontydige’ huweliksaanbod

Die groot oomblik

Die groot oomblik

ʼn Foto van ʼn huweliksaanbod veroorsaak ʼn herrie op sosiale media omdat dit tydens ʼn ander paartjie se troue gebeur het.

Die foto wys hoe ʼn bruid en bruidegom toekyk terwyl die man op sy een knie sy meisie vra om met hom te trou. Duisende gebruikers van die sosialemediaplatform, Reddit, het hul misnoeë uitgespreek en bevraagteken hoe enigiemand ʼn bruid se dag só kon bederf en die “soeklig” kon steel.

Megan, die nuwe verloofde, het egter aan New York Daily News gesê sy is die bruid se suster en haar verloofde is die bruidegom se strooijonker. Die bruid het glo gehelp om die huweliksaanbod te koördineer en haar toestemming gegee dat dit tydens die onthaal mag gebeur.

Megan het glo reeds haar sussie gevra om haar strooimeisie te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nina

Sekerlik sou dit nie sonder toestemming van die bruidspaar gedoen geword het nie. Mense kla wragtig net omdat hulle kan! Wat de hel het dit in elk geval met ander te doen? *sug*

Asjas

Susan, feit bly staan, ou nuus op Maroela Media. Die betrokke partye het al reageer op die oorspronklike berig dan plaas julle dit eers. As dit nie vars is nie moet julle dalk liewer weg bly van dit af of dalk die hele storie plaas. En hierdie was nie die eerste keer wat julle dit doen nie. Maroela plaas iets wat ‘n “opskudding” maak wanneer meeste mense al aanbeweeg het na die volgende groot storie of vergeet het. Ek lees IOL, New24, Daily Mail UK en US – ek was al moeg vir die storie toe julle dit vir die… Lees meer »

Berhalet Beukes

Nou wat het ‘n persoonlike aangeleentheid met Reddit uit te waai?

Retha

Hoekom moet mense altyd iets uit verband ruk as hulle nie die regte inligting het nie. Dis ‘n kramp in die dinges verkrampte wat sy neus nie uit ander se sake kan hou nie wat vrot eiers lê waar dit nie hoort nie. May karma hit them twice as hard.

Zhara

Kyk in die agtergrond die bruid en bruidegom is gelukkig daar oor , dis mos die “familie” se eie besluit elke mens kan mos dinge doe soos hy wil.