Herrie oor ‘telefoonnommer’-servette

Die Coca Cola-servette wat op Delta-vlugte uitgedeel is (Foto: @ducksauz/Twitter)

Delta Air Lines en Coca-Cola het gesê hulle wou passasiers net aanmoedig om weer soos ouds te flankeer met dié servette, maar hulle moes uiteindelik om verskoning vra en die servet-veldtog vir Diet Coke onttrek.

Passasiers is aangemoedig om hul naam en telefoonnommer neer te skryf op die servet wat dan vir ʼn ander persoon op die vlug, op wie hulle ʼn ogie het, gegee kan word. “Jy is op ʼn vlug vol interessante mense en jy weet nooit [wat kan gebeur] nie!” lui die boodskap op die servet.

Passasiers het egter vinnig op sosiale media negatief op dié servette reageer en gesê dit is baie “grieselig”.

“Ek is seker niemand sal daarvan hou as hul telefoonnommer ongevraagd uitgedeel word ‘soos in die goeie ou dae’ nie, en mense wil beslis nie die nommer hê van iemand wat al ure lank op ʼn vliegtuig na hulle staar nie.”

Albei maatskappye het om verskoning gevra.

“Die servette het die teiken gemis,” het Delta gesê. Coca-Cola het “opreg om verskoning” gevra.

Van die passasiers het van die idee gehou en een passasier het Delta versoek om sommer ʼn hele boks van dié servette vir haar te gee “sodat sy dit oral kan gebruik”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

SoosDitIs ·

Die idee is ougat vir my. As jy nie jou nommer WIL uitdeel nie, gooi net die servet weg?

Jack Russl ·

Presies, niemand deel iemand anders se nommer uit nie. As jy nie self jou nommer skryf en dit uitdeel nie, gaan niemand dit doen nie.

Hoekom moet mense altyd fout vind met alles en almal?

MS ·

Mense ruk altyd die dam onder die eend uit. Daar was al baie erger bemarkingsveldtogte.

Nico ·

Genade!… die wêreld het oorsensitief geraak. Mens kan skaars keelskoonmaak, dan voel klomp siele seergemaak. GROW A PAIR…!

Johann cb ·

Sjoe, daar is ongelukkig baie bekrompe mense! Ek dink dit is ‘n puik idee! Dit is jou eie keuse om die servet te gebruik al dan nie!

Jordaan ·

Maar dit is nie jou keuse om dit te ontvang nie, en dit is juis wat ongevraag is.

wielie ·

Ai tog! Vandag se jong mense is so elektronies hulle verstaan nie so lekker nie ………. Ons sal hulle verskoon

Mariska kruger ·

Ek is at a loss for words! Niks in die lewe is meer so eenvoudig nie, almal het altyd iets om oor te kla, ek dink dis ‘n baie oulike idee, jy het tog ‘n keuse of jy wil saam speel of nie. Wat gaan aan met die mensdom, dink julle aliens loop rond tussen ons?

AZ ·

Ai. Wat het van ons wereld geword dat daar altyd iets slegs gesien word in alles. Maak n vrye keuse en hou op oordeel oor ander se idees. Ekt gedink dis oulik en oorspronklik.

jaco ·

Ek kan geld daarop sit dit was ‘n tannie met kort spikey hare wat gekla het. niemand het seker vir haar ‘n servet of ‘n nommer aangebied nie. ons almal weet PRESIES hoe lyk daai “ek wil met die manager praat” tannies!

Eendjies ·

En jy Jaco hou op om te diskrimineer teen ouer vroue! Elke mens het die reg om n mening te lug… nie net jy nie!

Uiltjie ·

Jy gebruik nie woorde soos “you never know en plane crush( crash ) ” op n vliegtuig in die lug nie!

E. ·

So @Eendjies, laat ek kyk of ek reg verstaan:

Jy se^ ander het die reg tot ‘n mening en dan lug jy ook jou eie mening oor @Jaco, wat basies se^ hy mag nie sy mening lug nie?

Got it!

Michelle ·

Ekt gister self een ontvang op ‘n Delta vlug en absoluut niks daarvan gedink nie. Maatskappye vra te vinnig vir onbenullighede om verskoning en staan weer uit die water uit wanneer hulle eintlik ‘n standpunt moet inneem.

Nee wat, ekt geen probleem gehad nie en myny gebruik en weg gegooi.

Hennie ·

Enige klein dingetjie dan bevuil iemand weer hul broek dan moet die res daaronder ly. Mense se velle is darem dun en neem aanstoot vir enigiets!

Nakkie ·

Ai tog, voel vir my in hierdie dae is almal so sensitief en het geen humorsin nie. Waar is die dae van die gewaagde Nando’s advertensies en so bietjie tong in die kies gespot met alles. Elke week moet een of ander iemand jammer sê vir n veldtog wat iemand affronteer. Lag n slag mense

honourable member ·

Dis nou oulik en as jy nie wil deelneem nie dan los jy dit mos moenie suur daaroor wees nie. Die wereld het bietjie humor nodig alles is net te ernstig.

Snowflake ·

Ag tog, kla net om weer te kan kla, dis mos jou keuse of jy wil of nie….

Lienkie ·

Ek dink dit is “cool”. Sjoe mensies waar is julle sin vir humor?

Madels ·

Ek gooi nou n klip in die bos, maar daai servet idee is vir my baie grillerig. Te veel skobbejakke in hierdie wêreld. Maar stem saam dat as jy jou nr WIL deel dan is dit jou saak.

VSA se PC kultuur ·

Ék is nie juis verras oor hierdie oorreaksie nie.
Radical Third Wave Feminism het die VSA aan die gorrel beet & wurg alle lewe uit heteroseksuele verhoudings uit.
Dit is klaarblyklik seksisties & chauvinisties om ‘n deur vir ‘n vrou oop te maak, want sy is nie hulpeloos nie en kan dit self doen. Die neerhalende superieure gedrag van die verdrukkende “patriargie” is dus afstootlik.
Om te flankeer met ‘n oulike aster is te gevaarlik . . . want more verskyn ‘n #metoo foto van die arme knaap op sosiale media & word hy as ‘n seksuele roofdier aan die gemeenskap voorgehou.
Mal; maar waar.
Gelukkig het dié PC kultuur nog nie behoorlik vastrap plek in ons land gekry nie

Denise ·

Dit is nou bakgat en almal kan self besluit of hy sy wil saam speel ,

Rox ·

Ag man..ek dink dis oulik en funny..die lewe is klaar ernstig genoeg…net soos julle se as jy nie wil doen dan doen jy nie..en anders..soos dit se..mens weet nooit nie!

GM ·

Ek haat dit dat maatskappye altyd jammer sê en hul veldtogte onttrek. Staan julle man, man. Daar sal altyd ‘n suurknol wees wat kla, maak nie saak hoe oulik die idee is nie. Kyk net na Checkers se Moedersdag ‘specials’ van skoonmaakmiddels – ek het soos ‘n klein meisietjie gegiggel daaroor.

Jaco, ek sou my weddenskap op die jeug (dié tot en met so 35 jaar oud) sit vir meeste klagtes geopper. Meeste ou mensies wat ek ken het ‘n goeie sin vir humor en ek glo meeste sou hul jeug so bietjie wou herleef. Die jeug van vandag, aan die anderkant, is dié wat so op hul perdjie spring oor als – als is seksisties of rassisties.

Jors ·

Wel, ek is 35 en sou beslis saamgespeel het. Ek ondervind deesdae egter dat mense oor die algemeen van alle ouderdomme hul humorsin kwyt is. Niemand dwing jou om jou naam en nommer daarop te skryf… Dit bly jou keuse.

Ek reken ons wêreld sal ‘n baie meer aangename plek wees sodra mense weer die humor en goeie in dinge begin sien, die wêreld in kranklik genoeg.

A Mac ·

Daar mag nie telefoonnommers (uit vrye wil) uitgedeel word nie want dis mos nou grillerig. Is programme waar vroue en mans soos beeste op ‘n veiling geparadeer word en die mooiste en maerste of gespierde eintlik met die prys wegstap dan meer aanvaarbaar?

Iemand ·

Jip…so sal almal my seker ook stenig….ja dit is oulik…maar dink bietjie….die wereld is vol jimpels mense…..nou gee n jimpels vrou haar nr vir n man met huweliksprobleme en whalla….so vat hy die “bait” en andersom ook….ek stem saam was nie n mooi deurdagte idee nie…..nie in vandag se lewe nie

Boet ·

Waar vang ek die vlug en hoe laat ek vlieg baie dit sal nou aangenaam wees om n skelmpie te in elke land te Kan hê Kan ek nie my nomer nou maar hier plaas nie

DS ·

Iemand as iemand wil rondneuk het hy of sy nie ‘n telefoonnommer op’ n servet nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.