Hipnose vir fliekgangers by filmfees

Hipnotiseur Fredrik Praesto voor die gehoor by die Göteborg-filmfees (30 Januarie 2022) (Foto: Valeriia Altereva/Göteborg Film Festival/AFP)

Die grootste filmfees in Skandinawië wou ʼn ekstra dimensie by die fliekervaring voeg en het 20 minute van hipnose voor die flieks ingestel.

“Ons het ʼn hipnose-fliek bygevoeg om te eksperimenteer met die ervaring om ʼn fliek te kyk,” sê Jonas Holmberg, direkteur van die Göteborg-filmfees in die suidweste van Swede.

Die eerste eksperimentele sessie het Sondagaand plaasgevind met slegs ʼn paar fliekgangers weens Covid-19-beperkings.

In plaas van lokprente, het die hipnotiseur Fredrik Praesto ʼn sessie op die gehoor uitgevoer, net voor Land of Dreams deur die regisseur Shirin Neshat vertoon is.

Praesto het voor ʼn groot hipnose-spiraal gaan staan en met ʼn paar oefeninge begin, soos om die gehoor te vra om hul hande bymekaar te bring asof dit magnete is, en hul oë toe te maak. Ná 20 sekondes afgetel is, het die gehoor hul oë oopgemaak en die fliek het begin. Ná die rolverdeling is ʼn paar sekondes weer afgetel sodat die gehoor se hipnose gebreek kon word.

Die kykers sê die sensasies strek van ʼn toestand van bedwelming tot baie goeie konsentrasie.

“Mens raak ontslae van al die geraas en wat ook al jou aandag kan aftrek en met die klank kan mens regtig die fliek ervaar,” sê Jonna Blumborg, ʼn jong vrywilliger wat ook in die gehoor was.

“Ek het probeer om al die dinge te doen wat hy vir ons gesê het, soos om die tekstuur van die materiaal te voel, mens se vel, hare en so aan, en dit was makliker om op die omgewing te fokus, want die omgewing was in algehele donkerte, dit was net die ligte skerm,” sê haar vriendin Louise Nilsson.

Nóg ʼn fliekganger, Fredrik Sandsten, meen “dit was ʼn lekker toestand”.

Die Göteborg-filmfees bied graag ongewone ervarings aan sy gehore. Verlede jaar is ʼn rits flieks aan slegs een persoon gewys wat op ʼn afgeleë eiland in ʼn ligtoring gebly het. ʼn Verpleegster, wat uitgeput was weens haar werk tydens die pandemie, is gekies as die kyker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Faraway ·

So word daar n deur oopgemaak vir vloeke op hulle lewe . . . met verskriklike gevolge!

Hendrik ·

Mense wat gehipnotiseer is, is net goeie akteurs. Hulle is te skaam om te erken dat dit rerig werk nie.

Pieter9 ·

Nie vir gelowiges… moet nie self hieraan blootstel nie, jy het reeds ALLES ontvang om in oorwinnig te leef.

madels ·

Baie gevaarlik! Mense weet nie waarvoor hul hulself inlaat deur hipnose nie :-( .. groot oop deure vir die wêreld van duisternis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.