Hoe kleurblind is jy? Doen dié toets

Navorsing wys dat ons geslag, ouderdom en selfs die taal wat jy praat ʼn invloed kan hê op hoe jy kleure en skakerings van kleure onderskei.

Lenstore, ʼn aanlyn winkel wat kontaklense en ander oogsorgprodukte verkoop, het ʼn toets saamgestel om te kyk hoe jy sou vaar as jy verskillende kleure en skakerings moet uitkies.

Doen die toets hier: Colour is in the Eye of the Beholder deur Lenstore UK

Lenstore het in Januarie 2019 altesaam 2 000 persone getoets en meeste persone het ten minste 6 uit 10 van die vrae reg beantwoord. Ongeveer 17% het 7 uit 10 gekry, 9,1% het 8 uit 10 gekry en slegs .2% kon nege keer die regte antwoord gee. Slegs .1% het 10 uit 10 gekry.

Terwyl mans en vroue gemiddeld dieselfde gevaar het, was daar ʼn groot verskil wat betref ouderdom en demografie. Persone tussen 31 en 35 jaar oud het die beste gevaar. Persone tussen 81 en 89 jaar oud het die swakste gevaar.

Volgens Lenstore het persone se taalvermoë ook ʼn invloed gehad: diegene wat meer as een taal bemeester het, het beter gevaar.

Hier is die toptien lande wat die beste gevaar het:
Ciprus: 66.0%
Suid-Afrika: 65.0%
VSA: 61.7%
Bulgarye: 60.0%
Duitsland: 58.8%
Australië: 57.5%
Pole: 56.7%
Frankryk/Portugal: 56%
Zimbabwe: 53.3%
Spanje: 51.5%

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Swartbees ·

Klaar die game gespeel en ek wonder nogsteeds of ek kleur blind is…..wat n mors van tyd.

Johann cb ·

Wow, wat ‘n wonderlike toets! Ek kry toe 7 uit 10! Dit gaan hier beslis om meer as kleurblindheid – intelligensie kom beslis ter sprake! Baie oulike idee!

Andre ·

Ek kon nie die laaste drie sien nie, maar het hulle reg geraai.

Jaco ·

Die toets is nie so effektief nie, het die toetse se beeld kwaliteit vergelyk tussen my 9 jaar oue skerm en my nuwe twee maande oue 8K skerm en op die 8K skerm is dit 10 keer makliker! Op my ou skerm het ek 4 uit 10 gekry en op my 8K skerm het ek 10 uit 10 gekry….

Ann ·

8/10 vir my. Het laaste een geraai en was reg! Het net gesukkel met dié geel skakerings …

Piperno ·

Pasop, baie van julle gee julle ouderdom weg :-) . Een persoon bo 80 jaar

ek sê maar ·

Ai tog dis nou nie sleg doen of goed doen nie, dis om kleurblindheid te toets en ek dink meeste mense is maar tot ‘n midnere of meerdere mate effens kleurblind. Dit maak jou nie dom nie : (

JP ·

Op ‘n 11 jaar oue rekenaarskerm het ek 9/10 gekry met net die laaste ene wat verkeerd was.

Die laaste ene is DOM. ‘n 5 en ‘n S kan dieselfde lyk hang af wie dit skryf.

Saartjie ·

JP, ek dink dit gaan maar daaroor dat die 5 twee vierkantige hoekies het (links bo en links in die middel).
Die “S” se dotjies maak nêrens ‘n vierkantige hoekie nie.

Spark Plug ·

Ek soek nog steeds die donkie se stert en die pink mielie

Elsa ·

Ek is nie skaam vir my ouderdom, baie is dit nie beskore.
10/10 vir ouer as 70jr. Well done

vlakvark ·

1 uit 10. En daai laaste vraag is darem maar n lelike bruin kleur kolletjies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.