Die term “rooikop” word reeds van die 15de eeu gebruik en lok ʼn verskeidenheid reaksies uit – van bespotting tot bewondering. Daar was in Middeleeuse tye selfs ʼn fabelagtige geloof oor dié haarkleur.
Vandag ervaar rooikoppe steeds uiteenlopende reaksies.
Rooikopkinders is gewoonlik ʼn maklike teiken vir boelies. Daar bestaan ook stereotipes oor rooikoppe, waarvan hul “vurige” humeur die algemeenste is.
ʼn Fees vir rooikoppe word vanjaar in Londen gehou om standpunt in te neem teen boelies en om rooikop-wees te vier. Hierdie konsep is nie nuut nie: Dié fees word sedert 2013 in die Verenigde Koningryk gehou en Nederland hou vanjaar sy tiende “rodharigendag” wanneer daar omtrent fees gevier word. Musiekkonserte, kunsgalerye en modeparades kan by hierdie feeste geniet word.
In Suid-Afrika word “soen-ʼn-rooikop-dag” jaarliks op 12 Januarie gevier. Elke keer as jy verby ʼn rooikop loop, moet jy die persoon gryp en soen. As jy ʼn rooikop is, moet jy dalk hierdie datum dagboek . . .
Bron: www.tremr.com
As n man nie daar regkom tussen daai klomp rooi koppe nie, sal jy seker nooit regkom..lol
Ek was nog altyd mal oor rooi hare in alle skakerings, dis vir my pragtig!
Ek het swaar gekry onder veral een boelie op skool. ‘n Tyd gelede haar op ‘n afstand gesien. Jou waarlik nou is sy ook ‘n rooikop. (Bottelrooi)
Ek dra my rooi kroon met trots.
Rooikop Kerriekop – fires – ens. Ek ken dit – my mening – almal is jaloers omdat ek rooi hare het en hulle nie!!!