Hoe teken jy ʼn X? Die internet krap kop

Grafika: @smasey op Twitter

Hoe maak jy ʼn X? Dit lyk soos ʼn eenvoudige vraag, maar dit het intussen groot reaksie op sosiale media uitgelok toe ʼn Twitter-gebruiker dié vraag gevra het.

Daar is agt verskillende maniere om ʼn eenvoudige X te maak – en gebruikers was vinnig om aan te dui hoe hulle dit doen.

Die agt kombinasies word verteenwoordig met verskillende kleure en pyle vir die manier en rigting van die eerste en tweede hale om die X te maak en almal probeer bepaal wat hulle styl is.

Van die gebruikers voer aan dit hang af hoe jy geleer is en dat dit selfs van die land afhang waar jy grootgeword het, en nie net of jy links- of regshandig is nie. Die konsensus was dat Amerikaners hoofsaaklik 7 of 8 kies en persone in Engeland hoofsaaklik 5 of 6.

Watter nommer verteenwoordig jy?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

andre ·

Rerig? watter verskil gaan dit nou in enige iemand se lewe maak?

bollie ·

7. Dit voel vir my heeltemal ongemaklik om die lyne van onder na bo te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.