Hoe trek jy ʼn X? Dis wat dit van jou sê

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Jou handskrif lyk dalk glad nie meer soos die skrif wat jy op skool geleer het nie. Soos wat ons ouer word en al hoe meer (of al hoe minder) begin skryf, ontwikkel mens jou eie styl.

Die manier hoe jy ʼn kruisie trek of hoe jy die letter X maak, sê glo baie oor jou persoonlikheid, aldus die handskrif-analis Kathi McKnight.

Sy het in ʼn artikel in The Oprah Magazine gesê daar is ʼn “regte” manier om ʼn kruisie te trek, maar as jy daarvan afwyk, verklap dit glo iets van jou persoonlikheid.

En al dink jy dis sommer laf en daar is geen wetenskaplike bewyse dat die manier hoe jy ʼn kruisie trek enige invloed kan hê op jou persoonlikheid nie (dalk is dit net omdat jy links- of regshandig is!) is dit tog interessant om jou eie styl met ander te vergelyk. Jy was dalk nog altyd onder die indruk jy trek ʼn kruisie presies soos ander mense.

Trek nou sommer eers met jou vinger of met ʼn pen ʼn kruisie, en let op hoe jy die lyne trek voor jy na die volgende grafiek kyk:

Grafika: The Oprah Magazine

Hier volg haar uiteensetting:

  1. Alhoewel jy dalk vorentoe wil beweeg, sukkel jy om jou van die verlede los te maak.
  2. In hierdie geval probeer jy wegkom van jou verlede, maar dit het steeds ʼn houvas op jou. Jy probeer van iets weghardloop.
  3. Jy hou nie daarvan om net by die groep in te pas nie, jy wil uitstaan. Jy het ʼn rebelse streep.
  4. Slegs jou tweede strepie is die “normale” manier (regs bo na links onder). Jy wil graag op die toekoms fokus, maar ʼn deel van jou neig na die verlede – asof jy vorentoe ry, maar in die truspieëltjie bly kyk.
  5. Die eerste helfte van jou kruisie (links bo na regs onder) is die “normale” manier. Jou tweede strepie (links onder na regs bo) is egter agterstevoorom. Jy is ʼn onafhanklike denker en volg graag jou eie reëls.
  6. Jy is ʼn voorloper – ander volg graag in jou spoor.
  7. Dit is hoe jy waarskynlik op skool geleer het hoe om jou letters te skryf: van links na regs. Dit is ʼn teken dat jy nie graag van die norm afwyk nie – jy hou van orde en balans. Hierdie is die “normale” en “gebalanseerde” manier om ʼn kruisie te trek.
  8. Jy is ʼn kreatiewe mense en dink graag buite die boks. Dit is baie soortgelyk aan opsie 7, maar in plaas daarvan om links bo te begin, begin jy regs bo.

Wat dink jy? Klop McKnight se verduideliking, of sit sy die pot mis?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

pokkel ·

sy sit op die vloer en analiseer die pot, maar probeer nog eers bevestig of dit wel ‘n pot is en of dit as ‘n pot identifiseer as dit wel volgens haar moontlik tog ‘n pot mag wees

OW ·

Jou skrywe laat my nogal aan Pythagoras se stelling dink.A kwadraat + B kwadraat = C kwadraat.

Riana ·

50/50. Ek love verandering. Ek raak gou verveeld met dieselfde roetine, werk ens ens. Sal elke jaar op n ander provinsie wou gaan werk of beter net reis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.