Hoe vinnig kan jóú kantoorstoel ry?

Skermgreep uit die video

Die jaarlikse ISU-1 Hanyu Grand Prix, waar deelnemers in spanne van drie hul uithouvermoë in kantoorstoele toets, het in Hanyu, Japan, afgeskop.

Tsuyoshi Tahara het Le Mans en Formule Een as inspirasie gebruik en die eerste wedren is in 2009 gehou. Dit was baie gewild en nou, tien jaar later, neem 55 spanne deel aan die kompetisie. Deelnemers reis tot 600 km ver om aan die wedren deel te neem. Tien soortgelyke geleenthede sal vanjaar in Japan aangebied word.

Die spanne gebruik gewone kantoortoerusting en het twee ure om soveel as moontlik rondtes af te lê om die 200 meter lange baan. Hulle kan enige manier gebruik om hulself aan te dryf, solank dit op eie krag is. Alle deelnemers het hul bene gebruik en die stoel agteruit gestoot.

Verlede jaar se wenners, Kitsugawa Unyu, het weer vanjaar die eerste prys gewen. Hulle ontvang 90 kg rys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

2 Kommentare

Deloris ·

90kg rys….. ????????????????????????????????????????????????????????????Uitstekende prys

Jax ·

Kan nie dink dat so iets ooit n goeie idee kan wees nie. Been frakture is nie grappies nie. Mense moet n bietjie stilstaan by die feit dat algemene gesondheid baie belangrik is, veral op n mens se ou-dag. Wat jy in jou jonger jare met jou liggaam doen, het n reuse impak in jou senior jare!
Regtig n stupid resies! Mense val en dit benadeel hul ou-dag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.