Hoekom jy nooit die handdroër in ʼn badkamer moet gebruik nie

Argieffoto

Jou hande is dalk vuiler as jy ʼn handdroër in ʼn openbare badkamer gebruik, aldus ʼn nuwe studie.

Die studie, waarvan die uitslag in die joernaal Applied and Environmental Microbiology gepubliseer is, het bevind dat die droërs ontlastingpartikels opsuig en dit dan oor jou hande blaas.

Die lug wat uit die handdroër geblaas word, bevat baie meer bakterieë as die normale lug in ʼn badkamer. Tot 60 verskillende tipes bakteries word binne 30 sekondes uit die masjiene blaas.

Navorsers het 36 badkamers by die University of Connecticut School of Medicine ondersoek. Elke masjien is met ʼn enkele droogmaaksessie getoets en van die monsters het ʼn algemene bakterie gevind wat soms met ernstige infeksies verbind word.

Navorsers het gesê hulle is nie seker of droër die bron van die bakterie is nie, aangesien toetse op die masjiene minder partikels gevind het wanneer dit nie gebruik is nie.

“Bakterieë in badkamers kom van ontlasting, wanneer toilette gespoel word, veral wanneer die deksel nie toegemaak is nie, het Peter Setlow, hoof van die navorsingstuk, aan Business Insider gesê.

Die risiko vir die algemene publiek van hierdie bakterieë is nog nie heeltemal duidelik nie, aangesien meeste persone daagliks van gedeelde badkamers gebruik maak. Setlow, in sy 70’s, het egter gesê hy gebruik glad nie meer handdroërs nie. “As ek iemand is wat sukkel met my immuunstelsel, wil ek my blootstelling aan die bakterieë minimaliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Cherokee ·

Vorige teenstellende berig in ‘n koerant het gelees dat mens 1000 keer soveel bakterië op die hande kry as mens met nat hande daar uitstap. Nou klink dit asof nat hande die beter opsie is.
My advies is, hou jou hande van die handreëlings af by roltrappe. Moet nie daaraan vashou nie. Hou jou hande weg daarvandaan. Dit is vol kieme. Jy het nie ‘n stut nodig nie.

Leeu ·

Mense moet ophou lui wees, ophou die maklike manier uitsoek. Gebruik die trappe, los die roltrappe, lifts uit. SA is reeds die vetste land in Afrika, gaan binnekort in die top 25 ter wereld land.

Piet Pompies ·

Gebruik die regterhand reel, gebruik jou regterhand om kontak te maak met roltrappe, deure, mense groet ens en jou linker hand om aan jouself te raak, krap jou neus, vryf jou oë ens. Hou ‘n botteltjie kiem doder in die kar, in die vrou se handsak… dit werk goed

Nettie ·

As jy die toilet in ‘n openbare badkamer gebruik, dra maar altyd ‘n spuit-houertjie ‘santizer’ by jou en spuit oor die toiletbak en – sitplek voor jy gaan sit. Moenie jou hande in ‘n openbare badkamer was nie – hou maar ‘n houertjie gel-“hand sanitizer” byderhand. Dit is hoe ek griep- en verkoueloos bly die afgelope paar jaar.

JP ·

My advies is hou op worry oor twak. Studies hier en studies daar! Hier is nuus. Deur duisende jare heen het die mens aangepas om bakterieë en meeste virus aanvalle te oorleef. Ja, daar is mense wat dink hulle dinges laventel maar tensy jy JIK of bloutrein drink of jou lyf anders werk as die res van die mense op die planeet het jou eie ontlasting net soveel bakterieë as iemand anders sin. Alhoewel dit nie lekker is om te dink dat jy jou eie of nog erger iemand anders sin mikroskopies inneem nie doen almal van ons dit elke dag onwetend, maak nie saak hoeveel jy dink jy die wêreld om jou steriliseer nie. Dieselfde tiepe slim studies het al bewys dat jou eie rekenaar se sleutelbord en jou selfoon wat jy ‘n paar keer ‘n dag naby jou mond hou of teen jou ore en vir jou kinders of kleinkinders gee om mee te speel van die hoogste bakterieële tellings het van enigiets wat jy in jou huis gebruik. Soos jou ouma, oupa ma en pa jou van kleins af leer. Was net jou hande voordat jy eet.

Eddie ·

Ek stem jp. As ons al die “studies” moet navolg sal ons in elk geval n hongerdood sterf. Daar is te veel moets en moenies deesdae. Ek het my nog nooit daaraan gesteur nie en leef nog net so gesond soos altyd op pad 60 toe.

Ekke ·

En dan dink ek my rook gewoontes is besig om almal rond om my siek te maak en te laat dood gaan

Peeter ·

Lol Ekke, ek geniet nog my rook, as nie rokers buite in rook areas wil sit, dans dit nou maar hulle probleem. Ek gee nie oorgewig moeilikheid oor hul eet gewoontes nie, so ek rook te lekker.

Bob ·

Vat een vir die span. As jy die ongelukkige een is wat siek word van bakterieê in die lug bedank ek jou innig vir jou bydrae tot die mensdom se ewige stryd om weerstand(geneties of natuurlik) op te bou teen siektes.

BB ·

Leeu en ander. Ons praat weer as jy moeilik loop en jy oral jouself moet steun. Mense wil onafhanklik lewe ongeag hulle gesondheid.

BB ·

Belangrik om te onthou om liefs nie jou hande uit jou gesig te hou en ook nie iets uit ‘ pakkie te eet wanneer jy inkopies doen nie. Was jou hande wanneer jy by jou huis instap. Dit geld selfs wanneer jy ‘n ander huis besoek het met diere of kinders om nie oordraaglike siektes te versprei nie.

E.K. die eerste ·

Ek sit maar altyd in die lug – dis nou as ek glad nie kan hou tot ek tuis is nie. Was nooit my hande want jy vat moontlik aan deurknop as jy uitgaan. Ek het pal “wet wipes” in my handsak en maak my hande mooi skoon na ek uit is. Gril my dood vir sulke plekke…

Poepies ·

Dus al ‘n paar jaar terug om “Myth busters” bewys ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.