Hoekom ʼn rooitapyt rooi is

Argieffoto (Foto: genesiseventsny/Instagram)

Het jy al ooit ʼn glansryke toekenningseremonie gekyk en gewonder waarom die lang tapyt nou eintlik rooi is? Pers is tog die kleur wat mens eerder met koninklikes en prestige verbind en rooi met passie en hartstog.

Diana Bruk van Best Life berig in antieke Griekeland is rooi en pers vir hoëlui gebruik, omdat dit seldsaam en baie duur was. Slegs die rykstes kon sulke helder kleure bekostig.

Die eerste verwysing waarvan ons bewus is, kom uit Agamemnon deur Aeschylus (458 v.C.). Wanneer die hoofkarakter van Troje af terugkeer, dan rol sy vrou ʼn rooitapyt uit sodat hy daarop kan loop wanneer hy van sy strydwa afklim. Hy reageer: “I am a mortal, a man; I cannot trample upon these tinted splendors without fear thrown in my path.”

Tydens die Bisantynse Ryk is rooi deur die Rooms Katolieke Kerk aanvaar as die kleur van koninklikes en owerhede. Dit is nie net verbind met die mag van konings nie, maar ook die bloed van Christus. In verskeie Middeleeuse en Renaissance-skilderye dra Jesus en sommige heiliges rooi (vergelyk byvoorbeeld Da Vinci se ikoniese “Die Laaste Avondmaal” (1498)).

In sy moderne vorm het die New York City Railroad vanaf 1902 rooi tapyte begin gebruik om passasiers op dié luukse trein van New York na Chicago te verwelkom (dit is waarskynlik waar die begrip “rooitapytbehandeling” vandaan kom).

ʼn Lang rooi tapyt is twintig jaar later voor die Egyptian Theater uitgerol vir die Hollywood-première van Robin Hood. Só is ʼn presedent geskep vir alle daaropvolgende premières.

In 1961 is ʼn rooi tapyt uitgerol by die 33ste Oscar-toekennings by die Santa Monica-burgersentrum. Drie jaar later is daar besluit om die rolprentsterre te verfilm wanneer hulle by die venue opdaag en só is ʼn tradisie gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Het lank terug so ‘n girlfriend gehad………..Haar leuse in die lewe was “teerpad en rooi mat”!! Dankie tog dit het nie gehou nie…..

Sune van Heerden ·

Dagsê Graaf

Dankie dat jy laat weet – dit was inderdaad ‘n oorsig aan ons kant.
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

E.K. die eerste ·

Baie interessant! Ai ou Sopbeen…hoe lag ek nou vir jou ; D

Hoe rooier hoe mooier ·

Hoe interessant! Baie dankie vir die artikel. Bly ek het dit gelees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.