Die koue wintermaande in New England in die VSA kan soms ʼn uitdaging wees – veral vir ʼn hoender.
ʼn Breiklub in Boston het egter die perfekte idee vir dié bibberkrisis gevind: hoenderjassies.
Sommige hoenders is aangepas om die seisoensveranderinge te hanteer, maar vir hoenders wat ingevoer is, is die koue te veeleisend.
Erica Max, die woordvoerder van ʼn plaas wat veral by hierdie projek baat, sê die produksie van eiers het die hoogte ingeskiet ná die hoenders die jassies begin dra het.
Libby Kaplan (76) vertel die projek het haar gehelp om haar vrees vir voëls te oorkom. “Ek het iemand hoor sê dat daar belangriker dinge is om te doen in die wêreld, maak eerder goed vir mense wat dit nodig het, maar ek dink diere moet ook warm gehou word. Ek is so bly ons het dit gedoen.”
“Ek het nie in my wildste drome gedink enigiemand sal jassies vir hoenders maak nie!” het Barbara Widmayer (76) gesê. “Dit is vir my nogal kalmerend om hieraan te werk.”
Dis tog te oulik! Goeie idee!