Hoeveel meisies in dié foto?

Die foto wat die oproer veroorsaak Foto: Tiziana Vergari (@tizzia, Instagram) https://www.instagram.com/tizzia/

Die foto wat die oproer veroorsaak Foto: Tiziana Vergari (@tizzia, Instagram) https://www.instagram.com/tizzia/

ʼn Foto deur die Switserse fotograaf, Tiziana Vergari, het sosialemediagebruikers in rep en roer oor die aantal meisies op die foto.

Vergari het die foto op 6 Maart op Instagram gedeel, en die vurige debat het kort daarna begin.

“Daar is drie meisies, kyk na die rubberbandjie om haar pols,” het een persoon op Facebook reageer. Iemand anders is oortuig daar is 13 meisies in die foto, want die hare lyk glo verskillend.

Tiziana het intussen bevestig dis definitief net twee haar twee dogters tussen ʼn paar spieëls – ʼn suiwer optiese illusie.

Same but different | My entry #whpidentity for @instagram [thank you #instagram for this featuring ❤️]

A photo posted by tiziana vergari iPhoneography (@tizzia) on

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Melt Olckers ·

Baie goeie manipulasie. Daar is net twee. Die eerste twee meisies, wat in spieelbeeld herhaal word.

Tania ·

Daar is 4 want die eerste een se gesig kan nie in die spieel verskyn nie want sy kyk weg, maw haar gesig sou nie in die spieel wys nie. Daar is die eerste meisie twee kleintjies in middel en nog een wat baie soos die eerste een lyk

John ·

Net twee, hulle sit tussen twee spieëls. Die rede hoekom jy nie die arm band sien nie is agv die hoek wat die foto geneem is van.

Elsje ·

4 meisies kyk die armbande, maar hy kon dalk net 2 gebruik het vir 2 verskillende foto’s waarvan hy meer spieelbeelde van gemaak het.

Jef ·

2 meisies, kyk na die agter kant van die muur waarteen hulle sit die swart balke gee aan 2 meisies tussen die balke,die volgende twee balke sit meisies in spieelbeeld omgekeerd.

Anny ·

Daar is net 2 meisies. Een spieël herhaal homself oor en oor.

Cum Laude ·

Die wat 4 sien her dubbelvviissiiee. Die korrekte antwoord is 2 meisies.

Danie ·

3 meisies. Die kort meisie word 1 keer gebruik met armband alhoewel jy die armband net op een foto kan sien en die lang meisie word twee keer gebruik met en sonder armband.

Danie ·

3 meisies. 1 kort meisie en twee lang meisies een met armband en een sonder armband.

danie ·

Daar is 16 , johanna , gerda, magda, lena, susan, charmain, ens

Frans ·

Hoekom raai as die berig dit duidelik maak dat daar twee meisies is, die fotograaf se twee dogters tussen ‘n paar spieëls.

Chrisjohan ·

Beslis net twee meisies. Twee leidrade: die fotograaf se twee dogters, en hulle sit tussen twee spieels weerskante. Baie goeie optiese kulkunsie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.