Hond skiet per ongeluk sy eienaar

Argieffoto (Foto: thetruthaboutguns.com)

ʼn Hond het per ongeluk sy eienaar in die been geskiet, toe die twee op ʼn rusbank gespeel het.

Richard Remme (51) en sy Pitbull/Labrador-kruising het verlede week Woensdag in sy huis in Fort Dodge, Iowa, gespeel, toe hy skielik iets op sy been voel brand. Die hond het tydens die stoeiery glo die veiligheidsknip van die Ruger 9 mm-pistool gestamp en toe die sneller met sy poot gestamp.

Remme het aan The Messenger gesê hy het op die bank gelê toe hy en die hond begin speel het. “Ek het hom van my skoot afgestamp, en hy het weer teruggespring op my skoot.”

Remme het die pistool in ʼn band om sy lyf gedra. “Die pistool het twee veiligheidsmeganismes en klaarblyklik het hy albei getref. Die pistool het afgegaan en ek is in die been getref. Daar is nie enige groot skade nie,” het hy verduidelik.

Hy het aanvanklik nie besef hy is geskiet nie, maar toe hy bloed op sy broekspyp sien, het hy paramedici ontbied.

Volgens Remme was sy lojale brak baie ontsteld. “Die arme ding het net langs my gelê en huil, want hy het gedink hy’s in die moeilikheid. Hy is ʼn regte lafaard – hy’s bang vir die donker, hy is bang vir water.”

Die polisie is na die toneel ontbied, maar het vinnig bevestig dit was ʼn ongeluk. “Mnr. Remme het ʼn skietwond aan sy regterbobeen opgedoen. Dit is nie lewensgevaarlik nie. Dit was ʼn ongeluk. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Remme is dieselfde dag nog uit die hospitaal ontslaan, maar moet moontlik later ʼn operasie ondergaan om die koeël te verwyder.

Dié skietery is nie die eerste geval waar ʼn hond iemand skiet nie. Die Washington Post berig daar was al 10 soortgelyke voorvalle tussen 2004 en 2015, waarvan meeste jagongelukke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

sandra ·

Was dit nou in Suid-Afrika, was daar nou ‘n saak van poging tot moord en of manslagting teen die arme hond gemaak en heel moontlik nog die hond van kant gemaak ook!

Dis mos baie gevaarlike honde daardie…

Anoniem ·

Was dit in Suid Afrika was die eienaar in die tronk en die hond by die spca.

Nettie ·

Ek sê nog altyd: pitbulls is ‘n UITERS GEVAARLIKE HONDERAS!!!!!!!!!!!!! Of hulle nou opreg, gekruis, goed opgelei, goedgemanierd, braaf of bang is – hulle bly gevaarlik!!! Voeg daarby nog ‘n 9mm pistool en jy het ‘n resep vir ‘n ramp!

Ben ·

Ek voel die eienaar was nalatig. ‘n Mens le nie op n bank met in pistool aan jou lyf nie???? Die ou perd – “Common Sense”- Hy ies maar nie daar nie?

Phillip Groen ·

Ben, enig voorstelle waar ek dan my pistool moet hou as ek op n bank lê? Ek woon op ‘n plaas en daar is geen manier wat ek my pistool in ‘n kluis gaan bêre wanneer ek besluit om bietjie te ontspan nie.

My pistool is voortdurend aan my sy want ek moet gereed wees om na die aanval oor te gaan sou ek in ‘n moontlike plaasaanval betrokke raak, geen tyd om dan eers jou pistool te gaan soek nie. Al wanneer my pistool nie aan my lyf is nie is waneer ek bad of slaap..maar dan is hy steeds binne reik afstand.

jaco ·

Ek wil ook graag weet waar ek my vuurwapen moet hou as ek voor die tv sit? beslis nie in die kluis nie!!! hoe kom jy by die gevolgtrekking uit dat die eienaar nalatig is? geen geldige gronde vir daardie gevolgtrekking nie. sluit jy maar jou vuurwapen in ‘n kluis toe…waar jy hom nie kan gebruik nie, en die inbrekers jou eie vuurwapen 10 teen 1 teen jou gaan gebruik, omdat die kluis die eerste ding is wat hulle soek.

Adri ·

Ek is baie verlig om te lees die hond het sy baas per ongeluk geskiet. Dit sou darem woes gewees het as hy dit met opset gedoen het!

Theresa B ·

Hoe lekker lag ek nou vir Sandra en Nettie. Die arme hond. Ek hoop hy kry berading. LOL!!!
Ek is darem bly die eienaar is ok.

Nettie ·

@Theresa B – so bly ek kon met my kommentaar, wat maar dikwels reguit, maar aweregs is, iemand laat lag (dit was die bedoeling).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.