Honderde rokke vir roklose bruid

Élise Boissonneault se troufotograaf het hierdie foto op Instagram gedeel van ʼn emosionele oomblik toe sy Donderdag ʼn nuwe trourok gaan kies het.

Élise Boissonneault se troufotograaf het hierdie foto op Instagram gedeel van ʼn emosionele oomblik toe sy Donderdag ʼn nuwe trourok gaan kies het.

ʼn Kanadese bruid het vandeesweek ʼn oorvloed welwillendheid van honderde vreemdelinge ervaar nadat haar trourok enkele dae voor die groot dag in ’n brand verwoes is.

Élise Boissonneault is een van meer as 80 000 inwoners van Fort McMurray in Alberta, Kanada, wat hul huise moes ontruim weens ʼn reuseveldbrand wat die hele gebied verswelg het. Saam met haar huis en al haar besittings het Boissonneault ook haar trourok, wat in ʼn Fort McMurray-winkel was om verstel te word, in die brand verloor.

ʼn Vriend het op ʼn koop-en-verkoop-webwerf van Boissonneault se verlore rok vertel en binne ure het honderde aanbiedinge van vreemdelinge, insluitend rokontwerpers en bruidswinkels, ingestroom. Boissonneault kon Donderdag van die rokke aanpas en het uiteindelik op twee rokke besluit vir haar troue wat vandag plaasvind, een vir die seremonie en een vir die onthaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mm ·

Wens daarwas so n engelin sa om my dogter te help met n matriek rok

Ina ·

Aan mm
As jy in die wes Kaap bly, Sal ek graag will help. Ek is ‘n kleremaakster, het al trourokke en aandrokke gemaak

wil help ·

Wat is jou dogter se rokmaat sal probeer kyk op ek kan help. My dogter het ‘n pragtige rooi rok.

GG ·

Mm, soek matiekafskeid Projek op F/b, hul help en doen BAIE goeie werk.

Mm ·

More. Ek wil graag vir almal bedank wat hierdie boodskap vaan my gelees het en die hulp aangebied het
N engel?het haar hulp aangebied
My dogter kan matriek afskeid toe gaan
Sy se gister aan sy is so excited
Baie dankie aan die dame wat ons help en als moontlik gaan maak vir haar om soos n prinses te lyk
Hierdie ma het nie baie woorde nie maar groot waardeering in haar hart vir als wat jy en die mense wat jou help om haar dag temaak.

Baie dankie aan almal wat betrokke was en nog gaan wees
Elke keer as ek dink aan daai oproep wat ek gister aand gekry het. Met die vroue stem wat se ” jou dogter gaan matriek afskeid toe” huil ek van voor af
Ek huil van opgewondigheid

Baie baie dankie
Lekker dag

Annetjie ·

Goeiedag , dit wys ons ma net weer daars Engele wat gestuur is , baie baie dankie dat jul die matriek afskeid moontlik gemaak het vir die kind dit is een keer ‘n leeftyd . Julle sal gebless word .

Mm ·

Sy het die pragtigste rok gekry . sy is so opgewonde. Baie dankie aan almal wat betrokke is
Lekker daggie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.