Hondjie, eienaar ná 12 jaar herenig

Dutchess is na 12 jaar gevind. (Foto: Verskaf)

ʼn Miniatuur foksterriër en haar baas is ná 12 jaar en oor 1 600 km met mekaar herenig, te danke aan ʼn mikroskyfie.

In 2007, het Katheryn Strang, wat in Orlando, in die Amerikaanse deelstaat Florida gewoon het, se hondjie Dutchess uit haar huis geglip en nie teruggekeer nie. Strang, wat onverpoos na die brakkie gesoek het, het oral plakkate oor die vermisde hondjie opgesit en het elke dag na haar plaaslike troeteldierskut gery, met die hoop om Dutchess te vind.

ʼn Man het verlede week in die Pittsburgh-omgewing, in Pennsylvania, ʼn bibberende, honger en verwaarloosde hondjie onder sy skuur gevind en het haar na die plaaslike Human Animal Rescue (HAR)- skut vir troeteldiere geneem. Hier het ʼn skandering van Dutchess se mikroskyfie haar aan Strang gekoppel, wat intussen na Boca Raton, Florida, verhuis het.

Strang sê sy het elke jaar die $15 fooi vir die mikroskyfie betaal, met die hoop dat haar hondekind eendag na haar sou terugkeer.

Strang het gehuil toe sy haar geliefde hond weer vir die eerste keer kon vashou. “Dutchess. Hallo my baba, ek het jou gemis. Jou gesig is al so wit,” sê ʼn emosionele Strang in ʼn video wat HAR se werknemers gemaak het.

HAR het dié video van die blye hereniging op sy Facebook blad geplaas. “Dit is hoekom ons doen wat ons doen,” het die inskrywing gelui.

Strang het intussen twee miniatuur foksterriërs aangeneem nadat Dutchess verdwyn het. “Sy het drie hondesussies en ʼn kat-boetie by die huis, maar sy het die liefde, wat ek vir dié honderas het, begin.” Strang het ook kort ná Dutchess se verdwyning ʼn miniatuur foksterriër by die skut waar sy gereeld na haar gaan soek het aangeneem. Dié hondjie het egter nie lank daarna nie aan hondesiekte gevrek.

“My hart was gebreek, om twee honde in so ʼn kort tydperk te moes verloor. Ek het intussen opgegee om na Dutchess te soek.”

Sy sê dat dié honde gewoonlik so 19 jaar oud word en dat sy hoop om Dutchess nog ʼn paar jaar te geniet.

Hoe Dutchess die hele pad in Pittsburgh opgeëindig het, weet niemand. “Waar was jy?” het Strang gevra.

Strang het die 1 600 km na Pittsburgh afgelê om Dutchess te gaan haal.

Reunited! WATCH LIVE: After being lost for 12 years, Dutchess is finally meeting her owner again!

Posted by Humane Animal Rescue on Friday, October 11, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lizelda ·

Nee, kyk so berig sal my in trane laat uitbars. n Pragtige einde maar sjoe 12 jaar wat verby gegaan het… Gelukkig kan die hondjie haar laaste tydjie met haar oorspronklike gesin deur bring.

wilma ·

Ongelooflik! Wat ‘n groot liefde het die ‘ma’ vir haar ‘kind’ . Hoop die hondjie verskaf haar nog jare se vreugde.

wielie ·

Dit is nie net sommer net n hond nie! Dis deel van die gesin!

Nettie ·

Dis nou ‘n regte, egte “feel good” storie!!! Dankie Maroela Media!!!

Vreugde ·

Wonder wat het die dingetjie deurgemaak in die 12 jare. So bly vir hulle.

Zettie ·

Ek kon nie eens die video klaar kyk nie. Die trane loop!!! Ek is so bly vir die tannie! ‘n Groot deel van die hondjie se lewe is al verby. Ek weet sommer die laaste jare gaan hemels wees!!!!!

Bokkie ·

Duchess lyk of hy sy nonna ‘vergeet’ het. Hy’t nie eens sy stertjie geswaai nie! bly sy is terug; dis bitter eina as mens se honde-kinders wegraak of doodgaan.

Cora Simpson ·

Ag Dankie!! So ‘n lekker kry , lekker huil storie. Soo bly vir die honde mamma

Hartseer ·

ek kan haar blydskap verstaan. ek moes maandag my worshondjie wat 14 jaar oud was uit laat sit, omdat n person by animal cruelty so eenvoudig was om vir my honekind die verkeerde medisyne te gee. my hart so stukkend, voel of ek hom vermoor het deur die pille vir hom te gee en hom te laat uit sit, kon hom nie na n vet toe vat nie het nie die financies nie . hoe kom jy oor daai seer, ek het n kind verloor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.