Houtmotorfiets om in vrou se goeie boekies te bly

Andre Schlosser en sy houtmotorfiets Foto: DPA

Andre Schlosser en sy houtmotorfiets Foto: DPA

ʼn Duitse houtwerker het 12 jaar geneem om ʼn replika van sy geliefde Yamaha-motorfiets te bou sodat hy dit in die sitkamer kon hou, sonder klagtes van sy vrou.

Andre Schlosser (46), ʼn meubelmaker van Nienborstel in Scheswig-Holstein het 4 000 ure aan die projek spandeer. “Ek was soms tot enkeldiep in die stof,” het hy gesê.

Sy lewensgrootte replika van die Yamaha FZR 600% Aral Cup is nou gereed – en hy het dit alles self met die hand gekerf.

Sy vrou wou eers nie tot die projek instem nie. “Ek wou my motorfiets in die sitkamer bêre omdat ek dit nie meer gery het nie,” het hy gesê. Die idee om ʼn houtreplika te bou was ʼn kompromie wat hom en sy vrou tevrede gestel het.

Die ketting van die fiets bestaan uit 430 afsonderlike dele. “Ek het rowwe metings gedoen en die res van die werk met die oog geskat,” het Schlosser bygevoeg.

Die uiteindelike model weeg ongeveer 100 kg.

Hy het 10 houtslypmasjiene uitgewerk deur die loop van die projek.

Dit klink egter of die fiets nie in die sitkamer gaan eindig nie. “Ek wil hê ander mense moet dit sien,” het hy gesê. “Dalk in ʼn museum.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

OP ·

Volpunte vir vroulief. Syt vir haar n 12 jaar motorfiets vrye sitkamer gereel met die “projek”…. instem glo nie, clever… baie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.