Huis aangebied as beloning vir vermiste hond

Die plakkaat wat me Liu van haar hond opgesit het (Beijing Youth Daily)

Die plakkaat wat me Liu van haar hond opgesit het (Beijing Youth Daily)

ʼn Vrou van Beijing bied haar huis as beloning aan nadat haar geliefde troeteldier verdwyn het, berig die Beijing Youth Daily.

Die 70-jarige vrou, wat alleen saam met die hond gebly het, het oral in haar omgewing plakkate opgeplak met ʼn foto van die hond en ʼn belofte dat enigiemand haar huis, ter waarde van ongeveer R7.8 miljoen, kan kry indien hulle hom kan opspoor.

Dit wil egter voorkom of die vrou se plakkate nou die verkeerde aandag trek. Sy kry talle oproepe, maar dit is elke keer die verkeerde hond. Daar was glo al selfs persone wat honde vermom het om soos haar troeteldier te lyk.

Haar broerskind het gesê hulle is nou al só siek en sat van die valse oproepe dat hulle eerder die soektog vir aflas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tommy ·

Die persoon wat die hond gevat het, het seker nou sooibrand!

Lappop ·

11 uit 10 vir daardie kommentaar Tommy!!
Wonder ook hoekom my eerste gedagte was dat die arme hond iemand se aandete geword was? Vir sooibrand is daar Eno, maar vir spyt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.