Reddit-gebruikers is onseker waarom dieselfde foto, wanneer dit langs mekaar vertoon word, byna soos twee verskillende foto’s lyk.
Die foto is egter presies dieselfde foto, maar weens ʼn optiese illusie lyk die foto regs byna of dit uit ʼn ander hoek geneem is, as mens die foto’s langs mekaar sien.
ʼn Reddit-gebruiker het al in Februarie die foto op dié sosialemediawebwerf gelaai en dit het reeds meer as 3 miljoen persone se aandag getrek.
Dié foto is ʼn goeie voorbeeld van hoe kragtig ons brein is om ʼn beeld te verander van dit wat ons sien. As gevolg van die optiese illusie, lyk dit nou byna soos ʼn vurk in die pad.
Die Reddit-gebruiker Saberfox sê: “Ek kan sien dis dieselfde foto, maar iets veroorsaak dat my brein dit nie wil glo nie.” Die prentjie word duidelik as mens een van die foto’s met byvoorbeeld jou hand bedek.