Internet gaande oor SA oupa wat baba troos

Sydney Engelberg Foto: Sarit Fishbaine

Sydney Engelberg Foto: Sarit Fishbaine

ʼn Foto van Sydney Engelberg (67), oorspronklik van Suid-Afrika, wat ʼn student se baba tydens ʼn klas troos, word wyd op sosiale media versprei.

Sarit Fishbaine, Engelberg se dogter, het aan BuzzFeed gesê haar pa gee al 45 jaar lank klas en is tans verbonde as ʼn dosent by die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem. “Hy gee klas aan die meesterstudente, so baie van die studente is al ouer,” het Fishbaine verduidelik. “Daar is baie jong ma’s met babas en hy moedig hulle aan om die babas saam te bring klas toe.”

Een van die ma’s wou dié dag met haar huilende baba uitstap, maar Engelberg het die baba in sy arms geneem, getroos en glo met die klas voortgegaan “asof niks gebeur het nie”, het Fishbaine op haar Facebook-plasing gesê. “My pa is mal oor kinders en babas – hy het vyf kleinkinders.”

Die familie kon hulle ore nie glo toe die foto meer as ʼn miljoen keer op Imgur gekyk is nie. Engelberg ontvang oral lof vir sy optrede. “My pa verstaan nie die bohaai nie,” het Fishbaine bygevoeg. “Vir hom is dit bloot natuurlik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerda de G ·

Oulike storie. Gemaklike oupa. Heel natuurlik en die baba voel veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.