ʼn Prentjie van ʼn hond wat ʼn broek op twee verskillende maniere dra, het die internet behoorlik aan die gons en word nou die laaste groot internetdebat van 2015 genoem. Aan die een kant het die broek vier broekspype en word dit oor al vier bene van die hond aangetrek. In die tweede prentjie is die broek net oor die hond se agterstewe en twee agterpote getrek. Watter een is korrek?
Volgens The Huffington Post is die prentjie deur ʼn Belgiese grafiese ontwerpstudent, net bekend as Norbert K, geteken. Hy het glo gesê hy het die prentjie geteken nadat hy ʼn foto gesien het van sy vriendin se hond met ʼn broek aan sy agterpote en gewonder het of daar ʼn ander manier is waarop ʼn hond ʼn broek kan dra.
Sedert Norbert K die prentjie op sosiale media gedeel het, het die bespreking wêreldwyd vlamgevat onder die hutsmerk #dogpants, tot so mate dat internasionale nuuspublikasies en tv-kanale reeds daaroor berig het. Mense deel selfs foto’s van regte honde met klere aan in ʼn poging om hul standpunt te staaf.
Net agterpote.
Rede? Minder materiaal om die broek te maak en meer fatsoenlik wanneer die hond op sy agterpote moet staan om die inbreker wat vlug terug te pluk wat oor die muur probeer vlug.
Ek dink hier aan Boela van Middelburg.
Dalk miskien kruisbande om die broek op te hou, inderwaarheid egter ‘vorentoe’ te hou sodat die broek nie na agter afval.
Who cares.??????
En terwyl mense oor nonsens redeneer word nog n boer wreed op sy plaas vermoor.
Ek wou my hond vra, maar hy het soveel blou bloed in sy are, as hy kon praat sou dit nie met my of jou gewees het nie.
Nee wat, myse Worsiekind hou te veel van “oopketels” in die sonnetjie lê, en in die winter dink hy en sy maatjies, die ou uitrusting’tjies lyk baie mooier uirgerafel in pa se tuin, as aan hulle.
Oulik! Darem iets om oor te glimlag!
Mens wonder wat van die mensdom word. Kan strooi soos hierdie werklik mense intereseer?