Internet krap kop oor troufoto

Die foto wat op Reddit gedeel is

ʼn Optiese illusie in ʼn foto van pasgetroudes laat die internet kop krap.

In die foto tel die bruidegom die bruid op – maar die manier hoe die foto geneem is, laat mens vir ʼn oomblik onseker wat presies in die foto gebeur.

Gebruikers wat na die foto kyk sukkel om te sien waar die vrou se bene is, omdat dit aanvanklik lyk of die vrou se bene oor die man se skouers gehaak is.

Die kleur van die bruidegom se wit hemp en wit agterkant van sy onderbaadjie, is dieselfde kleur as die bruid se rok en dit veroorsaak verwarring.

Die illusie is oorspronklik ʼn paar jaar gelede deur die bruid se swaer gedeel, maar dit het onlangs weer opslae gemaak en mense is vandag net so stomgeslaan as toe dit die eerste keer gedeel is.

Die swaer, u/camhanson op Reddit, sê hy het 10 minute lank aan sy skoonsus probeer verduidelik dat dit lyk of haar bene oor haar man se skouers is, maar sy kon dit nie sien nie.

“Ek kon glad nie verstaan wat aangaan nie. Nou dat ek verstaan wat aangaan, voel ek beter,” het een gebruiker in die kommentaar gesê.

“Ek het 10 sekondes lank na die foto sit en staar voor ek besef het sy arms versmelt in haar rok se kleur!” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Misky ·

Beslis verwarrend met die eerste oogopslag.

Beste vir my nog was die meisie wat agter die baksteenmuur loop en dit lyk of sy “begrawe” is in die pavleisel en net haar kop steek uit.

Hennie Biebouw ·

Nou ja. My dag sien baie beter daarna uit synde ek ‘n antwoord op dié tergende vraagstuk kon kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.