Internet lag vir hoëhak-Crocs

Die hoëhak-Crocs van Balenciaga (Foto: Twitter)

Balenciaga se besluit om hoë hakke aan die wêreld se “gemaklikste skoene” te sit, laat Twitter-gebruikers wonder of dit regtig die waarheid kan wees.

Dié skoene is nie bekend dat dit baie modieus is nie, maar hulle het ʼn groot hoeveelheid lojale volgelinge – glo weens die gemakfaktor.

Die Parys-gebaseerde luukse handelsmerk Balenciaga het nou ʼn hoëhakweergawe van Croc’s se bekende klompe onthul.

Die skoene het gedebuteer tydens Balenciaga se Lente 2022-versameling, maar volgens CNN word dit nog nie te koop aangebied nie. Volgens CNN sal die hoëhak-Croc vir tot $1 000 (sowat R13 000) verkoop word.

Dit is die tweede keer wat Balenciaga saam met Crocs werk. In 2017 het Balenciaga se kreatiewe direkteur, Demna Gvasalia, ʼn paar platform-Crocs bekendgestel. Hy het in daardie stadium aan Vogue gesê “dis lig, ʼn eenstuk-sponsvorm en hierdie tipe tegnieke en tipes materiaal werk goed saam met Balenciaga”.

Twitter-gebruikers het nie baie positief reageer op die idee van hoë hakke op Crocs nie:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Menan ·

Ag nee, dit lyk sommer so “home made deur die gopse” hahahahaha!!!!

Hendrik Marthinus ·

Nee hel
Kyk lelik Bly lelik
Dink nie dit gaan verkoop nie, as ek n vrou was loop ek maar kaalvoet rond voor ek dit dra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.