Internetgebruikers los spesiale familieraaisel op

Een van Dorothy Holm se notas Foto: Mashable

Een van Dorothy Holm se notas Foto: Mashable

Internetgebruikers het ʼn familie se grootste raaisel, wat ‘n ouma wat besig was om weens breinkanker te sterf vir hulle gelaat het, opgelos.

Janna Holm het twee foto’s van haar ouma, wat kanker gehad het, se los notas op die webwerf Ask MetaFilter gelaai. Sy het verduidelik dat haar ouma Dorothy Holm, wat in 1994 aan breinkanker dood is, dié kaartjies as raaisels vir haar kleinkinders agtergelaat het. Holm was 11 jaar oud toe haar ouma dood is. “Sy was baie deurmekaar, maar sy het hierdie kodes vir ons gelos.”

Holm en haar familie het maande lank tevergeefs probeer om die raaisels op te los en het uiteindelik moed opgegee. Dorothy het glo bykans 20 kaartjies met letters daarop, agtergelaat.

Holm se pa het egter ʼn paar dae vantevore weer op die kaartjies afgekom, en sy het besluit om weer te probeer. Sy het Ask MetaFilter genader en binne 15 minute die eerste antwoord gehad.

Internetgebruikers het gefokus op een gedeelte van die kaartjie en een persoon het ontdek dat daar ʼn godsdienstige boodskap opgesluit is. Die letters is ʼn lang akroniem vir die Onse Vader-gebed (in Engels):

Our Father which art in heaven,
Hallowed be thy name.
Thy kingdom come.
Thy will be done on earth,
as it is in heaven.
Give us this day our daily bread.
And forgive us our trespasses,
as we forgive those
who trespass against us.
And lead us not into temptation,
but deliver us from evil:
For thine is the kingdom,
the power, and the glory,
forever and ever.
Amen.

Klik hier om ‘n artikel op Mashable oor die raaisel te lees en klik hier om die hele gesprek op Ask MetaFilter te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.