Is bottelbrief dalk ʼn skrywe van ʼn Titanic-passasier?

Die briefie wat gevind is (Foto: Universitee du Quebec a Rimouski)

Dit Titanic het al meer as 100 jaar gelede in die Atlantiese Oseaan gesink, maar raaisels rondom die passasierskip maak mense steeds nuuskierig.

Een van dié raaisels is ʼn briefie in ʼn bottel wat glo op 14 April 1912 – die dag wat die skip gesink het, van die skip af in die see gegooi is. Die egtheid van die briefie, gedateer 13 April 1912, word nou deur navorsers ondersoek.

Volgens die DailyMail het ʼn 12-jarige Franse meisie, genaamd Mathilde Lefebvre, die briefie geskryf. Sy was een van die ongelukkige passasiers op die Titanic. Sy het saam met haar ma gereis en was op pad na New York om by haar pa en broers en susters aan te sluit.

Sy het glo die bottel met die boodskap in die water gegooi voor die skip die ysberg getref het. Die handgeskrewe briefie (in Frans) lui: “Ek gooi dié bottel in die see in die middel van die Atlantiese Oseaan. Ons sal na verwagting oor ʼn paar dae in New York aankom. As enigiemand dit vind, laat weet die Lefebvre-gesin in Lievin.”

Die briefie is in 2017 in New Brunswick gevind, maar dit is nou eers aanlyn vir die algemene publiek beskikbaar gemaak. Dit is na die Universitee du Quebec a Rimouski gestuur vir verdere ondersoek.

Dit is nog nie duidelik of die briefie inderdaad van die skip af gegooi is en of dit net ʼn foefie is nie. Akademici hoop om leidrade te bekom van diegene wat spesialiseer in die studie van die Titanic of mense wat verwant is aan passasiers wat aan boord was.

Volgens argeoloog Nicolas Beaudry strook die skimmel en chemiese samestelling van die glas met tegnologie wat in daardie tyd gebruik is.

Die RMS Titanic was ‘n passasierskip wat deur die Britse skeepsmaatskappy White Star Line besit is. Dit was die grootste passasierstoomskip ter wêreld ten tyde van sy tewaterlating. In die nag van 14 April 1912, tydens die skip se nooiensvaart, het Titanic ‘n ysberg getref en twee ure en veertig minute later, vroeg op 15 April 1912, gesink. As gevolg van die sinking het 1 517 mense hul lewens verloor, wat hierdie tragedie een van die ergste seevaartongelukke gedurende vredestyd maak. Die hoë sterftesyfer word gedeeltelik daaraan toegeskryf dat die skip – alhoewel dit aan die regulasies van daardie tyd voldoen het – nie genoeg reddingsbote gedra het om vir al die passasiers voorsiening te maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat op dees Aarde ·

Baie mooi handskrif vir ‘n 12 jarige! Ek hoop dit is die ware Jakob.

Menan ·

Ja sien, “don’t mock God”….. die kaptein van die skip, Edward John Smith het mos gesê: “Even God himself couldn’t sink this ship” ….(al het die skip aan al die regulasies voldoen)

Sandra ·

“…laat weet die Lefebvre-gesin in Lievin” – Die frase in die brief behoort hulle eerste leidraad te wees om opgevolg te word. Hulle sal dan mos nou weet of die persoon wel op die Titanic met haar ma was. Maak dit net vir my sin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.