ʼn Optiese illusie word wyd op sosiale media gedeel wat aanvoer dat dit kan onthul of ʼn persoon linkerbrein-dominant of regterbrein-dominant is.
“As jy ʼn regterbrein is, sal jy ʼn vis sien. As jy ʼn linkerbrein is, sal jy ʼn meermin sien,” lui die byskrif by die illustrasie. Duisende mense, insluitend bekendes, het egter van hulle laat hoor sedert die illustrasie op Twitter begin versprei het.
Meeste meen dat die illustrasie glad nie soos ʼn vis óf ʼn meermin lyk nie; dit lyk eerder soos ʼn donkie of ʼn rob.
“Dis ʼn donkie,” skryf outeur JK Rowling.
It's a donkey, though. pic.twitter.com/a60ccFCQ2G
— J.K. Rowling (@jk_rowling) March 19, 2022
Britse komediant en outeur David Baddiel sien ‘n asbliksakkie.
I see a badly-tied bin liner. pic.twitter.com/1T7XpUTThx
— David Baddiel (@Baddiel) March 19, 2022
Aanbieder Jonathan Ross meen dit lyk soos ʼn rob.
It’s a plump seal lying in its back. YOU’RE a donkey.
— Jonathan Ross (@wossy) March 19, 2022
Aktrise Amanda Abbington stem saam – dit lyk so bietjie soos ʼn rob.
It’s a seal. pic.twitter.com/OReES5yl2J
— Amanda Abbington (@CHIMPSINSOCKS) March 19, 2022
Terwyl die tekening wyd versprei word met bewerings dat dit kan onthul watter kant van die brein meer dominant is, is daar niks om daarop te dui dat dit wel só is nie.
Die menslike brein is in twee lobbe verdeel – links en regs. Daar word algemeen aanvaar dat diegene wat linkerbrein-dominant is, goed vaar in logiese en analitiese denke, terwyl regterbrein-dominante mense meer kreatief is. Dié idee word al dekades lank geglo, maar volgens Harvard Health dui nuwe bewyse daarop dat linkerbrein vs. regterbrein niks meer as bloot ʼn mite is nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
dit lyk vir my soos ‘n donkie….
so dan moet ek linker en regter brein aangele wees want dit lyk na n donkie / perd kop, ek sien soos in glad nie n meermin of n vis nie
dit lyk dan soos n donkie.
Definitief ‘n donkie dadelik gesien. Ek sien nie eens die meermin of vis nie, al probeer ek ook.
Ek sien eers ‘n perd en dan ‘n vis. Die vis se stert is bo