Is jy ’n kampioen pampoen-kweker?

Verlede jaar se wenners met hul 388kg bielie van 'n pampoen. Foto: Facebook via Goliat van Gat pampoenkompetisie

Verlede jaar se wenners met hul 388kg bielie van ‘n pampoen. Foto: Facebook via Goliat van Gat pampoenkompetisie

Boerpampoen, groenpampoen, groot, lelik, uniek – skryf hulle in vir die Goliat van Gat-pampoengroeikompetisie en staan ʼn kans om ʼn kontantprys wen.

Om aan dié kompetisie deel te neem, moet deelnemers se pampoene vandeesmaand geplant word. Pampoenpitte en inskrywings is beskikbaar by TLU SA se kantore in Silverton in Pretoria en kos R50.00 per pakkie.

Deelnemers kry saam met die pitte ook duidelike instruksies, opgestel deur Hygrotech, oor hoe om die pitte te plant en te versorg.

Die pampoene word in Maart 2017 ingeweeg en die wenner word met ʼn stewige kontantprys beloon.

Daar is ook pryse vir die mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen, sowel as vir juniors onder 16 jaar.

Verlede jaar se Goliat van Gat-wenner het een van die grootste pampoene nóg in Suid-Afrika gekweek, wat op 388 kg ingeweeg het. Die pampoen was ʼn kortkop agter Suid-Afrika se kampioen-pampoen, wat ʼn raps meer as ʼn halfton (504 kg) geweeg het.

Die swaarste pampoen wat nog ooit opgeteken is, is in die VSA gekweek en het meer as 1 000 kg geweeg.

Vir meer inligting, kontak Lynette du Plessis van TLU SA by 012 804-8031 of Henri Combrink by 082 552 9428.

Kyk ook die insetsel oor verlede jaar se wenners. Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ekwilibrium ·

Baie van ons pampoene in parlement word so swaar op KFC!

CAROL ·

arme kinders ….. pampoen in die oggende, middae en aande. oh ja en seker pampoen koekies en poeding. (hahahahaha) nee grap net. Baie geluk

Pieterdp ·

Ek weet wat eet hul vir die volgende maand .
1 pampoen ontbyt. Soet pampoen
2 tee tyd. Pampoen tert.
3 middag ete. Gebakte pampoen skywe
4 middag tee. pampoen koekies.
5 Aand ete. pampoen sop.

En so kan ons nog baie geniet van die pampoen met al die resepte
in ouma se resepte boek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.