Is sy die wêreld se oudste?

Julia Colque. Foto: AP Photo/Juan Karita

Julia Flores Colque vier binnekort haar 118de verjaardag en dit maak haar moontlik die oudste persoon ter wêreld.

Colque het in haar leeftyd al twee wêreldoorloë en ook revolusies in haar tuisland, Bolivië, beleef en boonop gesien hoe die dorpie waar sy woon, Sacaba, gegroei het van 3 000 mense tot ʼn stad van meer as 175 000 mense.

Volgens Colque se nasionale identiteitskaart is sy op 26 Oktober 1900 gebore in ʼn mynkamp in die berge in Bolivië.

Julia Colque. Foto: AP Photo/Juan Karita

Kort duskant 118 is Colque moontlik die oudste mens ter wêreld, maar volgens die Guiness World Records-organisasie het hulle nog nie ʼn aansoek ontvang om haar as sulks te verklaar nie.

Dit lyk ook nie asof Colque regtig omgee dat sy nie in dié rekordboek opgeteken is nie en sê sy het nog nooit eers daarvan gehoor nie.

Colque geniet dit om tyd deur te bring met haar honde, katte en ʼn hoender. Sy is helder van verstand en vol lewe. Sy is nooit getroud nie en het ook nie kinders nie.

Julia Colque. Foto: AP Photo/Juan Karita

Geboortesertifikate is eers van 1940 in Bolivië uitgereik en geboortes is voor dit geregistreer met doopsertifikate wat deur Rooms-Katolieke priesters uitgereik is. Colque se nasionale identiteitskaart is egter deur die regering in Bolivië gesertifiseer.

Die burgemeester van Sacaba het Colque as ʼn “lewende erfenis” verklaar. Te danke hieraan is haar huis opgegradeer.

Nabi Tajima, die wêreld se vorige oudste persoon, ʼn 117-jarige vrou van Japan, is vroeër vanjaar dood. Sy is op 4 Augustus 1900 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dit lyk vir my so!!! ·

Dit wil vir my voorkom dat verjaarsdae uitstekend is vir jou. Hoe meer verjaarsdae hoe langer lewe ‘n mens. Soos Auntie Julia. Geniet die honde, katte en hoender se geselskap Auntie Julia. Die lewe is kort.

Retha ·

Hehe, nooit getroud… dit laat jou nogal dink nê….

Ernstig nou, ek dink nou wragties nie ek wil so oud word nie, want sjoe, op 50 het soveel pyne en skete dat ek nie wil weet hoe 80 is nie…

rollie ·

Liewe land, 50 is bloedjonk. Jammer om te hoor dat jy nou al pyne ondervind. My grootoom is 104 en speel nog die konsertina.

VanAfrika ·

Ons dink ons self oud, 50’s is glad nie so bad nie. Ander maak ons ook oud voor ons tyd, ek moet altyd hoor ek is oud al voel ek nog 16

Karn ·

Die oudste verified persoon was Jeanne Calment – 122Jaar en 164dae.

Pote ·

Daar is 2 mense ouer as sy : oudste Jeanne Calment – 122 en Sarah Knauss – 119.

Ja... ·

Okay, sure maar hulle praat van mense wat lewend is in 2018. Altwee die dames wat u genoem het is in die 1990’s oorlede. Dis tel hul nie as oudste LEWENDE persoon nie.

Pote ·

@Ja… Lees die 1ste paragraaf, dan sal jy sien hul praat nie van LEWEND nie, maar net van oudste.

Nellia ·

Nooit getroud en kinders nie………………..ek het nog altyd gese n baie goeie bottel rooiwyn elke aand, en al jou geld is jou eie-doen wondere vir n vrou.
Man en kinders en n historektomie maak jou stokoud voor jou tyd.
Ek is 55j oud en lag elke slag kliphard as mense my in my 30’s skat.

Amber ·

Nellia, nou laat jy my lekker lag!
Ek is dood gelukkig met my twee honde, sonder kind of kraai!

Eugene ·

Van oudste weet ons nie MAAR van oudste lyk heel moontlik ne
Lekke my tannie
Go vir daai rekord oor 3 jaar

Maria ·

Ja nee ek stem, geen man en kinders, raserige bure of gewoel rondom kan mens dalk so oud word. You go my tannie!

Amelia ·

Ek wonder of het die tannie gewerk en watse werk het sy gedoen? Want die ouer garde het mos nie geglo dat n vrou moet werk nie en wie sorg vir haar? Maar net n gedagte

Monica ·

Dink net al die wonderlike stories wat die tannie vir ‘n mens kan vertel. Ek sal wat wil gee om haar te ontmoet. Sy is ook ‘n pragtige ou tannie.

Joe ·

Wat keer jou? Maklik om so te se, maar doen is iets anders ne

Kobus ·

Ek was getroud vir 3 maande en het baie vining besig dit gaan my vroeg doodmaak, dankie tog ek is nie meer getroud of het kinders nie!

Blom ·

Almal is nie eerders nie.
My man hou my jonk, en ek sou dit nie kon verdra om alleen deur die lewe te gaan nie.
Ek het twee kinders en vier kleinkinders en is sielsgelukkig .
Nogtans bly vir die mense wat hulle alleen-lewe geniet en gelukkig is daarmee.

Corne ·

Hier n dame in Potchefstroom wat 120jr oud is. Sy het bewyse ook. Die plaaslike koerant het berig daaroor.

Wiese ·

@Corne, stuur n link met dit dan asb. Sy sal dan 2de oudste wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.