Jellievis so groot soos die duiker!

Lizzie Daly en die yslike jellievis (Foto; Lizzie Daly/Facebook)

ʼn Reusagtige jellievis is aan die kus van Cornwall by Falmouth in Engeland gesien.

Lizzie Daly het Saterdag op dié groot jellievis afgekom terwyl sy geduik het. Sy het gesê die jellievis was so groot soos sy en die grootste wat sy nog ooit gesien het. “Wat ‘n onvergeetlike ervaring!” het sy bygevoeg.

Dié bioloog en natuurlewe-aanbieder het onderwater geduik as deel van haar Wild Ocean Week-veldtog, wat ten doel het om oseane te vier terwyl geld ingesamel word vir die Marienebewaringsvereniging.

Emmerjellievis is die grootste spesie jellievis wat in Engeland se water swem. Hulle verkies gewoonlik warmer kuswater en spoel in Mei en Junie uit op Britse strande – soms in hul honderde, aldus Wildlife Trusts. Die bynaam, “asblikdeksel-jellievis”, is vanweë die feit dat hulle gewoonlik so groot word soos asblikdeksels.

Dan Abbott het die ervaring op foto en video verfilm.

https://www.facebook.com/LizzieDalyWildlife/posts/2436761476347382

Kyk die video hier as dit nie speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.