John se sonbril verkoop teen meer as R2,6 miljoen

John Lennon (Foto: John Lennon/Facebook)

John Lennon van The Beatles se sonbril is vir £137 500 (meer as R2,6 miljoen) op ʼn veiling in Londen verkoop.

Sotheby’s-afslaers het die sonbril, met groen gekleurde lense, Vrydag tydens ʼn veiling in Londen verkoop. Die sonbril het aan Alan Herring behoort, die chauffeur vir die Liverpool-kwartet se Ringo Starr en George Harrison.

“In die somer van 1968 het ek John saam met Ringo en George in Ringo se Mercedes opgelaai en hulle na die kantoor toe geneem,” het Herring gesê, in ʼn verklaring wat Sotheby’s vrygestel het.

“Toe John uitklim, het ek die sonbril op die agterste sitplek gesien – een lens en ʼn armpie was los. Ek het by hom gehoor of ek dit vir hom kon laat herstel, maar hy het net gesê ek hoef nie bekommerd te wees nie – dis net vir die look.”

Herring het die sonbril toe nooit laat regmaak nie en die sonbril is vir £137 500 verkoop aan ʼn anonieme koper.

Die sonbril wat verkoop is (Foto: Sotheby’s)

“Dit was vir my belangrik, vir my familie se onthalwe, dat ek van die versameling ontslae raak terwyl ek nog die stories van alles kon vertel,” het Herring bygevoeg.

Lennon is in die ouderdom van 40 oorlede toe hy in 1980 deur ʼn aanhanger buite sy Manhattan-woonstelblok aangeval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Christa ·

Dat mense nog geld het on so te Mors
Is onverstaanbaar. Soveel mense vergaan van elende

Ala John ·

Oh! Darling
All You Need Is Love
Imagine, so,
Let It Be…

Stormrider ·

‘n Stukkie geskiedenis. Ek wens ek kon die bril bekostig, dit het ongelooflike sentimentele waarde.

emily ·

Ag nee regtig, More is jy die bril kwyt en so ook jou geld. Nee wat so simple is ek nie.

Rinkhals ·

Hy kon enige bril gehad het hy het nooit die Lig gesien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.