Danksy ʼn seldsame tydsparadoks dui klein Samuel Peterson dat hy eerste gebore is, maar sy tweelingboetie is eintlik ouer as hy.
Emily en Seth Peterson van West Barnstable in Massachusetts, VSA, se tweelingseuntjies is op 6 November 2016 in Cape Cod-hospitaal gebore. Samuel is om 01:39 gebore, en Ronan 31 minute later.
Somertyd (ook bekend as Daylight Saving Time of DST) tree egter om 02:00 in werking, wanneer horlosies een uur teruggedraai word. So, in plaas van 02:10, is Ronan se amptelike geboortetyd eintlik 01:10.
In ʼn sin is albei boeties dus ouer as mekaar.
Deb Totten, een van die verpleegsters in die kraamsaal, het gesê dit is die eerste keer in haar loopbaan van 40 jaar dat só iets gebeur.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Tyd is mos tyd. Dis NET in Amerika waar daar verskillende tye op verskillende tye is. Die goed is deurmekaar sal ek se.