Jonger tweelingboetie is eintlik ouer

Emily en Seth Peterson saam met Seth en Ronan

Emily en Seth Peterson saam met Seth en Ronan

Danksy ʼn seldsame tydsparadoks dui klein Samuel Peterson dat hy eerste gebore is, maar sy tweelingboetie is eintlik ouer as hy.

Emily en Seth Peterson van West Barnstable in Massachusetts, VSA, se tweelingseuntjies is op 6 November 2016 in Cape Cod-hospitaal gebore. Samuel is om 01:39 gebore, en Ronan 31 minute later.

Somertyd (ook bekend as Daylight Saving Time of DST) tree egter om 02:00 in werking, wanneer horlosies een uur teruggedraai word. So, in plaas van 02:10, is Ronan se amptelike geboortetyd eintlik 01:10.

In ʼn sin is albei boeties dus ouer as mekaar.

Deb Totten, een van die verpleegsters in die kraamsaal, het gesê dit is die eerste keer in haar loopbaan van 40 jaar dat só iets gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henk ·

Tyd is mos tyd. Dis NET in Amerika waar daar verskillende tye op verskillende tye is. Die goed is deurmekaar sal ek se.

JackRussel ·

Daar is baie ander lande wat dit ook gebruik. Daar is voordele en nadele om dit te gebruik. Lees eerder meer oor ‘n onderwerp voor jy kommentaar lewer.

SA het ook DST gebruik, al was dit lank terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.