Jonges hou ‘begrafnis’ ná vriend nuwe meisie kry

Foto: walesonline.co.uk

Foto: walesonline.co.uk

ʼn Groep van ongeveer 50 jong seuns van Rhondda in Wallis het vir hulle vriend Keiran Cable (20) ʼn “begrafnis” gereël nadat dié ʼn nuwe meisie gekry het.

Volgens Wales Online het Keiran nie regtig meer tyd saam sy vriende deurgebring vandat hy maande gelede ʼn meisie gekry het nie. Hy het ook nie meer op e-pos- en teksboodskappe gereageer nie.

Die groep vriende het ʼn onwetende Keiran by ʼn kroeg ingewag nadat hy onder die indruk was dat hulle rugby gaan kyk. Dié jong groep het omtrent groot gegaan: Hulle het spesiaal ʼn kis gebou en pamflette laat druk. Daar is selfs ʼn lykswa gehuur sodat hulle deur die dorp met die kis kon ry. Die pad was ook gesluit sodat daar geen onderbrekings tydens dié affêre sou wees nie.  ʼn Propperse diens is ook gehou met huldeblyke aan Keiran en daar is selfs ʼn paar liedere ook gesing.

Keiran het die poets geniet en het selfs saamgespeel toe hy in sy kis geposeer het vir ʼn foto.

Dié jong man sal sekerlik nou die goue middeweg vind tussen vriend en kêrel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anton ·

Tussen vriend en “kerel”? Seker tussend “Vriende en meisie”

Ek sal vir jul teen betaling proef lees! Haha!

Liezel ·

“Vriend en kêrel” is 100% reg…. hy moet middeweg vind tussen “vriend” wees vir sy vriende en “kêrel” wees vir sy meisie…
Proeflees dus nie nodig nie…. net goeie begrip reken ek…

Chris van Heerden ·

Dankie Liezel jou verduideliking is 100% reg. Maroela moet maar die proeflees aanbod van die hand wys lol

Petro ·

Dis nou ware vriende lol gerus n paar vriende wat die kan lees en besef wat ware vriendskap rerig is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.