Joost en Amor begrawe glo die strydbyl

Joost en Amor

Oud-Springbok Joost van der Westhuizen en die sangeres Amor Vittone het vandeesweek glo ‘n “hoogs geheime vredesooreenkoms” aangegaan.

Die twee se prokureurs, Robert Klinkenberg vir Joost en Selwyn Shapiro vir Amor, was nie daarvan bewus nie, berig Die Burger. Joost het bevestig dat hy en Amor “na ‘n baie lang gesprek” besluit het om vrede te maak. “Dit is nou nie asof ons mekaar om die hals geval en die egskeiding laat vaar het nie. Glad nie. Ons het bloot besluit om vrede te verklaar en om eerder ons energie saam op ons kinders uit te stort eerder as om dit op mekaar te vermors,” het hy gesê.

Volgens die ooreenkoms sal Joost nou vrye toegang tot sy kinders hê.

Amor het die ooreenkoms bevestig. “Joost het my Woensdagmiddag vir ’n gesprek gevra en ek het ingestem. Ons het baie lank en diep gepraat en ek was in ’n stadium in trane. Van my kant het ek diep simpatie met Joost se siekte en ek is so dankbaar dat ons nou die onsmaaklikhede tussen ons kon uitpraat en vrede kon bereik, veral omdat ons kinders daarby gaan baat vind. Ek wil net beklemtoon dat hierdie vrede nie beteken dat ons mekaar se drumpels gaan deurtrap nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dawie en Michelle

Ons is baie bly om dit te hoor want ons is groot aanhangers van jou Amore met jou sang en Joost met sy rugby en saam was julle ‘n pragtige gesin, maar ons is nou bly daar is vrede, eerstens dank ons die Here dat Sy vrede vir ons altyd beskikbaar is. God Bless you

Margriet

Dis die beste wat kon gebeur het T
ERWILLE VAN KINDER JA

Linda Holmes

Uiteindelik het die liggie bokant hul koppe aangegaan : DIT GAAN OOR DIE KINDERS, NIKS EN NIEMAND IS BELANGRIKER. Sterkte vorentoe met jou siekte Joost

mariana

Prys die Here AMEN!!!!!! Dis die beste ding wat kon gebeur het Almal maak foute en die lewe is kort

Sterkte op jul pad vorentoe en mag GOD se genade vir jul net goed wees

John Vermaak

Dankie – Die beste vir julle en
julle kinders!