Jou vabond! Kyk dié yslike muskiet

Foto: Ezequiel Lobo/Twitter

As jy skrikkerig is vir grillerige goggas, sal dié foto dalk jou nekhare laat rys.

Ezequiel Lobo, van Córdoba in Argentinië, het ʼn foto van dié yslike muskiet op Twitter gedeel. Hy het ook ʼn normale grootte muskiet langsaan geplaas om die verskil in grootte aan te dui.

“Kyk die grootte van die muskiet wat sopas by my venster ingevlieg het,” skryf hy.

Hy het bygevoeg sy ma was paniekerig en het die insek dadelik met insekdoder gespuit. “Ek kon nie iets soortgelyk op die internet kry nie. Dis óf Chernobyl se nuwe evolusie óf ek is in Jumanji,” het Ezequiel geskerts.

Sommite Twitter-gebruikers het die groot muskiet as Psorophora ciliata uitgeken – ʼn spesie groot muskiete wat inheems is aan die VSA. Dié tipe muskiete is glo baie aggressief.

Ander gebruikers het gewonder of dit nie moontlik ʼn Asilidae (roofmuskiet) kan wees nie.

Insekkenner Michael H Reiskind het aan Daily Mail gesê Psorophora ciliata broei gewoonlik uit ná vloede. Hul byt glo seer, maar dra nie gewoonlik siektes oor nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Piet

Daai lyk vir my meer na ‘n RAAKskiet.

Elize

Hierdie is van daardie muskiete wat vir sy maats vra “eet ons hom hier of vat ons hom nes toe”

katerinadiekat

Liewe Vader wat n nagmerrie!

Blommie

Dit lyk vir my soos ‘n muskiet wat vet ipv bloed suig…

KAIROS

Natuur is wonderlik!!!!