Juffrou se wetenskaples maak opslae

Dis moeilik om kinders wetenskap te leer – en nog moeiliker om kinders te oortuig hulle moet gereeld hul hande was!

ʼn Onderwyseres in Gray’s Creek, Noord-Carolina in die VSA, het met haar eenvoudige eksperiment twee vlieë met een klap getref.

Donna Gill Allen het haar eksperiment, om haar klas die belangrikheid van handewas te leer, op Facebook gedeel en dit is reeds deur meer as 70 000 persone gedeel.

“Aan al my onderwyservriende, hierdie is die grillerigste maar coolste eksperiment,” skryf sy. “Ek het dit gedoen om my klas te leer oor kieme en hoe dit versprei. Gebruik drie snye brood. Wys die kinders hoe jy een sny, met ʼn handskoen aan, in ʼn plastieksak plaas (‘controlled’). Dan was jy jou hande en sit nog ʼn sny brood in ʼn sakkie (‘clean’) en dan sit jy ʼn laaste stukkie brood ook in ʼn sakkie nadat dit eers in die klas omgestuur is en jy seker gemaak het dat almal aan die broodjie raak (‘dirty’). Kyk dan hoe die snytjies brood mettertyd verander weens die kieme. Dis baie cool en ʼn lekker manier om te wys hoe belangrik dit is om jou hande te was.”

Die “controlled” sny brood en die sny brood wat hanteer is met skoon hande, wys min tekens van muf. Die broodjie wat deur almal hanteer is, is egter ten volle gemuf, weens die spore van die kinders wat daaroor versprei het.

Meer as 14 000 persone het kommentaar gelewer op die plasing en sommige het aangevoer volwassenes, wat nie te veel waarde heg aan higiëne nie, moet dalk ook dié eksperiment sien.

Donna Gill Allen, Facebook

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

thelsa ·

Baie geluk Juffrou. Jy het getoon dat jy kn dink en nie blindelings en slaafs die sillabis navolg wat een of ander departement aan jou voorgeskryf het nie. Jy het gewys dat kinders se leerervaring met alledaagse praktiese belewenisse ervvaar kan word.
Ons onderwysstelsel leer nie ons kinders om te dink nie – eerder om te memoriseer.

Jack Klok ·

“Ons onderwysstelsel leer nie ons kinders om te dink nie – eerder om te memoriseer.”

Blykbaar ook nie hoe om te spel nie.

Andre ·

As ouers nie hul hande was nie en geen waarde heg aan higiëne nie (soos wat ek sien by die werk, teaters en restourante) hoekom sal kinders. Dan is daar nog mense en ouers wat nie verstaan waar hulle die infeksie of bakterie gekry het nie. Kinders leer ‘n waardesisteem van hul ouers en familie en die skole en universiteit bou verder daar op. Sommige ouers verwag van die skool om hul kinders te leer wat hulle nooit gedoen het nie. Daar is studente en selfs groot mense wat ouditoriums, stadsale, kunswerke, treine, motors, busse, vragmotors brand omdat hulle geen resspek vir ander of hul eiendom het nie en want hul sukkel weens hul eie “waardesisteem” of omdat hulle nie een het nie. Ouers wees ‘n ouer asb ter wille van jou kind, ander en die land.

Veritas ·

Om kinders ‘kiemvry’ groot te maak, is ook nie so’n goeie ding nie. Die bloedjies bou geen weerstand op teen patogene nie en wanneer Pietie die dag ‘n lekker by die skool optel en in sy mond druk, draai hy by die dood om. Kinders moet die noodsaaklikheid van higiëne geleer word maar om hulle in ‘n steriele omgewing groot te maak is net so nadelig

Mike Kaapstad ·

Ag bollie man ek het groot geword in grond en modder , my kinders ook ons almal is springlewendig , nog nooit infeksies of seer plekke gekry nie(behalwe van val-fiets,hardloop speel ens.) ek sien gereeld hoe vee mense trollies af ensv , maar by die kassier haal hulle geld uit beursies……………HOE VUIL IS GELD……………………….

Kobie ·

Mike van Kaapstad, toestande is lank nie meer dieselfde as toe jy lank gelede gedit of gedat het en niks daarvan oorgekom het nie. Ons leef deesdae tussen superkieme wat van oraloor kom. Deesdae is dit maar beter om met die lappie af te vee voor jy met die trollie loop, weer ‘n lappie te neem as jy die winkel uitloop om hande af te vee en as jy tuis kom, dadelik jou hande te was. Selfs met die oordrag van verkoues is bewys dat jy die maklikste verkoue aansteek as jy met jou hande vat op areas waar ‘n persoon met verkoue gevat het, wat nie hande gewas het nadat die neus geblaas is nie. Was maar eerder jou hande.

Theresa ·

Oooeee Mike van Kaapstad! Nee jong. Vee maar die trollies met die lappie af. Het jy nog nie gewonder waarom daardie moeite deur die winkels gedoen word om dit vir mens beskikbaar te stel nie? Nie om dowe neute nie. Die broodjie is ‘n wonderlike voorbeeld van wat (redelike onskadelike) bakterie en kieme kan doen. Moenie die kans waag nie? En ja, dis meer as grillerig om te dink mense betaal met geld en eet sommer die pasteitjie oppad kar toe of vryf ‘n oog, ensovoorts. Vee dan maar weer met die ou lappie wat voorsien word en was ordentlik tuis met warm water en seep. Nog raad: draai gesig weg as iemand verby stap en lekker nies of gul hoes in jou rigting. Nie almal doen die moeite om gesig weg te draai nie en dis nogal die gril werd om al die bewegende deeltjies onder ‘n mikroskoop te beloer. Sterte. Elkeen moet maar doen wat hy wil – solank hy nie ander aansteek of siek maak nie, nê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.