Vier hawelose mense het nooit kon dink watter geskenk vir hulle opgesluit lê toe ʼn goedhartige persoon vir hulle ʼn krapkaartjie gegee het nie.
Die Franse lotery-operateur FDJ het Dinsdag gesê die vier mans, in hul 30’s, het buite ʼn loterywinkel in Brest in Frankryk staan en bedel toe ʼn klant vir hulle ʼn krapkaartjie gegee het wat hy vir €1 gekoop het.
“Dit was ʼn groot verrassing toe hulle die kaartjie krap en op €50 000 (meer as R975 000) afkom,” het FDJ in ʼn verklaring gesê.
Die vier mans het die meevallertjie gelykop tussen mekaar verdeel. Hulle het glo nie dadelik ʼn plan gehad vir die geld nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Elkeen so om en by 243 000 plus.
Daai goedhartige persoon kan seker nou sy hare uit sy kop trek. Hoop net hierdie gelukkige mense gebruik die geld oordeelkundig.
Baie mense kom net nie voor nie. Ek kry R10 000 ‘n maand en dan nog omtrent R2000 vir my empties en ek kan net nie voor kom nie.. ;-)