Kan jy dié kopkrapper oplos?

Só moet die blokkie lyk (Foto: Maroela Media)

Só lyk die volledige blokkie met vier vierkante (Foto: Maroela Media)

ʼn Kopkrapper waarin jy 12 vuurhoutjies wat in vier vierkante gepak is, moet omswaai in drie vierkante deur net drie skuiwe te maak, het die internet behoorlik aan die gons.

Die uitdaging is oorspronklik op Quora gelaai deur Brian Hoang nadat hy die toertjie by ʼn kelner in ʼn restaurant geleer het.

Die reëls van die uitdaging is soos volg:

  • Jy moet uiteindelik drie vierkante hê.
  • As jy ʼn vuurhoutjie op enige manier beweeg, tel dit as ʼn skuif.
  • Die vierkante se hoeke moet gesluit wees om te tel as een volledige vierkant.
  • Jy kan nie ʼn vuurhoutjie breek of verander nie.
  • Jy mag nie meer of minder as drie skuiwe doen nie.
  • Al drie vierkante moet dieselfde grootte wees.
  • Al die vuurhoutjies moet gebruik word om die drie vierkante te vorm.

Probeer dit gerus self voor jy na die antwoord hier onder kyk.

Só vorm jy drie blokkies met slegs drie skuiwe:

Stap een (Foto: Maroela Media)

Stap een (Foto: Maroela Media)

Stap twee (Foto: Maroela Media)

Stap twee (Foto: Maroela Media)

En siedaar! (Foto: Maroela Media)

En siedaar! (Foto: Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Dankie tog vir die oplossing. Sou my 10 jaar gevat het om dit uit te redeneer.

Piet Snot ·

Jy’s reg. Dit werk nie met tandestokkies nie – ek het probeer.
:)

frrdetick ·

Jy kan dieselfde doen met net 2 skuiwe. Verwyder 2 permanent en daars jou 3 vierkante.

Karin ·

frrdetick, die drie skuiwe is juis die moeilike deel – twee skuiwe is te maklik :-)

E.K. ·

Baie koel berig. Het dit al jare gelede gesien toe sulke tipe “raaisels” gereeld vir mens gegee is omt e probeer oplos.

Tc ·

Piet S probeer weer ek dit eers met tandestokkies gedoen en reggekry :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.