Kan slegs vroue dié truuk doen?

Argieffoto (Foto: brombastic/Pixabay)

ʼn Truuk met ʼn stoel is baie gewild op sosiale media en sommige persone voer aan slegs vroue kan dit doen.

Volgens die video kan slegs vroue ʼn stoel optel wanneer hulle in ʼn sekere posisie staan. Die vrou in die video verduidelik jy moet ongeveer jou bolyf se lengte van die muur af staan, met jou bene teen mekaar en dan buk jy vooroor sodat jou kop aan die muur raak.

Die truuk is om dan ʼn stoel op te tel en regop te staan.

Die vrou in die video kry dit maklik reg, maar twee mans kan dit glad nie doen nie.

Twitter-gebruikers het intussen video’s gepubliseer waar hulle self die uitdaging probeer. Van die persone het ook aangevoer slegs vroue kan dit doen, maar minstens twee mans het video’s gedeel wat wys dat hulle dit wel kon regkry.

Kan jy dit doen?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Poppie ·

Hierdie “trick” doen ons al vir jare en 99% van die tyd kan die mans dit nie doen nie. Ek dink maar persoonlik dit het iets met hul groot voete te doen. Hul staan verder van die muur af

Judge Dredd ·

Ja, vrouens se voete is so kort sodat hulle makliker skottelgoed kan was.

Pierre ·

Die dame skuif dan haar voete sowat 2 tot 3 duim nader nadat sy die afstand afmeet vanaf die muur…

Swaartepunt ·

Dalk het dit te doen met die feit dat vrouens ‘n laer swaartepunt as mans het.

Help ·

Kan iemand asb. 911 skakel? Ek is ‘n man en het die truuk probeer. Ek staan nou al 4 ure in die posisie en kom nie regop nie. Ek het al die stoel gelos… ;-)

humor ·

Die truuk is baie bekend. Byna alle mans kan dit doen al staan jy selfs n bietjie verder van die muur af. Die geheim is gee net n klein vinnige knak in jou kniee en tel gelyktydig daarmee die stoel op. Weg is die geheim.

CK ·

Ek het dit vir my kinders ook geleer, sonder die stoel, dan kan mens dit in die begin nie doen nie, want dit het te doen met jou midlyfspiere. As dit swak is, sukkel jy. ONTHOU dit is sonder die stoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.