Kar bars deur tweede verdieping van gebou

Die Nissan Altima wat deur die muur van die tandartskantoor gebars het (Foto: Southern Counties News)

Die bestuurder van ʼn wit Nissan Altima het Sondag in Santa Ana, Kalifornië in Amerika, beheer verloor oor die motor en deur die tweede verdieping van ʼn tandarts se kantoor gebars.

Foto’s deur die plaaslike brandweer wys hoe die motor gedeeltelik in die gebou vassit.

Kapt. Stephen Horner, woordvoerder vir Orange County, het gesê die brandweer is omstreeks 05:30 na die toneel ontbied. Die motoris het glo in die straat afgejaag toe hy die middelmannetjie getref. Volgens Horner het die motoris nie parallel met die middelmannetjie gery nie, hy het uit ʼn systraat gekom en die middelmannetjie getref.

Die impak het die motor in die lug geslinger en dit het in die klein kantoorgebou tot stilstand gekom. ʼn Klein brand wat ontstaan het, is dadelik geblus.

Twee persone was in die motor. Een kon uitklim, maar die ander persoon was vir langer as ʼn uur vasgekeer en owerhede moes van swaar toerusting gebruik maak om die motor te stabiliseer.

Albei is met geringe beserings na ʼn hospitaal geneem.

Horner het gesê hy het nie enige verdere inligting oor die insittendes nie, maar Santa Ana-polisiebeamptes het gesê die bestuurder het erken hy was onder die invloed van dwelmmiddels.

Brandbestryders het die motor met ʼn hyskraan uit die gebou gelig.

Die tweede verdieping word slegs as stoorplek gebruik vir lêers en het geringe skade opgedoen, het Horner bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Susan ·

Maklik… Hulle moes tog keer dat die motor nie op die brandbestryders val of op ander onskuldige mense nie, anders sou daar nog meer skade wees en ook moontlik aan die res van die gebou

Adri ·

Die ou sal maar daaraan moet dink om te belê in ‘n ander motor – verkieslik sonder vlerke.

Griki ·

As jy met ‘n vlieënde motor wil ry moet jy kan navigeer ook.

Asjas ·

Seker die vlamme geblus toe hy homself en die hele kantoor blok benat het … ?

Lolla ·

Jukkel stukkel! Hahaha Dit behoort die tandarts op die kaart te sit.

Ilze ·

Hyt dalk begin oefen vir een van die Fast and Furious movies ?

Johan ·

Sal daai bestuurder leer om nie te jaag. Sommige spoedwalle kan ‘n motor laat vlieg. :-)

thelsa ·

Het seker vir sy vrou gesê : Skattie ek gaan gou tandards toe !

Grappie ·

Iemand het seker vir hom gesê: Don’t drink and drive, smoke and fly!” ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.